Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Russiese stapper 8 jaar lank geskors
Die Russiese stapper Sergey Bakulin. Foto: Getty Images

Die Russiese stapper Sergey Bakulin is vir agt jaar geskors nadat hy uitgevang is dat hy weer opkikkers gebruik het.

Bakulin, wat al voorheen skorsings weens die gebruik van opkikkers uitgedien het, is reeds van sy 2011-wêreldtitel in die 50 km-wedloop gestroop.

Atletiek se Integriteitseenheid (AIU) sê die skorsing hou verband met abnormaliteite in Bakulin se biologiese paspoort.

Bakulin is deur Viktor Chegin afgerig. Dié breier is in 2016 lewenslank geskors nadat die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) bevind het dat Chegin die baasbrein agter grootskaalse opkikkergebruik by sy oefengeriewe in Rusland was.

Chegin het met die hulp van Russiese atletiekowerhede toegang tot talle top-atlete gekry. – Reuters

Meer oor:  Verbode Middels  |  Stapper  |  Sergey Bakulin  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.