Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
SA blits klop kampioen in Madrid

Carina Horn, Suid-Afrika se nasionale rekordhouer in die 100 m, het waarskynlik haar vliegkaartjie na die Wêreldkampioenskappe in Doha, Katar bespreek.

Carina Horn in aksie in die 100 m tydens die Wêreldkampioenskappe, wat in 2017 in Londen gehou is. Foto: Gallo Images

Dít volg nadat sy Sondagaand in die Spaanse hoofstad Madrid haar teenstanders laat les opsê het toe sy die wenstreep in ’n haastige tyd van 11.01 sekondes oorgesteek het om met goud weg te stap.

Haar teenstanders het onder meer die VSA se Tori Bowie, wat die verdedigende wêreldkampioen en Olimpiese silwermedaljewenner is, ingesluit.

Bowie het met die bronsmedalje weggestap in 11.09, wat ook haar beste tyd van die seisoen is.

Ivet Lalova-Collio van Bulgarye, wat in 2012 die Europese kampioen was, het silwer gewen in 11.08.

Vir Horn sal dié uitslag ’n groot hupstoot wees.

Sy het reeds in Junie twee keer die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se kwalifiserende vereiste van 11.24 gehaal. Eers in Montgeron in Frankryk (11.16) en toe in Dessau in Duitsland (11.19).

In Julie het sy ook ’n tyd van 11.14 in Sotteville in Frankryk gehardloop, maar Atletiek Suid-Afrika (ASA) se streng vereiste van 11.10 het haar bly ontwyk.

Horn, wat die Suid-Afrikaanse rekord (10.98) hou, het lank met beserings gesukkel en was ook nie vroeër vanjaar op die SA atletiekkampioenskappe in aksie nie.

Sy het daarna tydens die Europese seisoen weer begin deelneem en ná haar wedloop in Madrid bevind sy haar 11de op die wêreldranglys.

Met die tyd van 11.01 op haar kerfstok, sal sy nou moeilik oor die hoof gesien kan word vir die span wat na die Wêreldkampioenskappe reis. Dít begin op 27 September in Doha.

* Elaine Thompson van Jamaika en haar landgenoot Shelly-Ann Fraser-Pryce beklee gesamentlik die voorste plek op die ranglys met ’n tyd van 10.73.

Meer oor:  Atletiek  |  Wêreldkampioenskappe  |  Madrid  |  Carina Horn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.