Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
SA rekord vir Gerda; Irvette skitter ook

Gerda Steyn (31), die Comrades-kampioen, het Sondagoggend in die Toskaanse marathon in Italië ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord van 2 uur 25 minute en 28 sekondes opgestel.

gerda steyn, irvette van zyl
Gerda Steyn en Irvette van Zyl vier hul uitstekende vertonings by die Toskaanse marathon. Foto: Facebook

Colleen de Reuck se ou rekord was 2:26:35 wat sy 25 jaar gelede in die Berlyn-marathon in Duitsland behaal het.

Nóg goeie nuus is dat Irvette van Zyl (33), vrou van die voormalige Olimpiese hekkiesatleet LJ van Zyl, ook ’n puik tyd van 2:28:41 aangeteken het.

Dit was die eerste keer wat Van Zyl, broerskind van Frances van Blerk, die 1992-Comradeswenner, deur die droomgrens van 2:30 kon breek.

Wat Sondagoggend se wedloop uit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt meer indrukwekkend maak is dat dit die eerste keer is wat twee Suid-Afrikaanse vroue in dieselfde wedloop vinniger as 2:30 gehardloop het.

Albei van hulle is boonop deel van die Nedbank-hardloopklub.

Van Zyl is die sesde Suid-Afrikaanse vrou wat dié tyd kon oortref. Die ander is De Reuck, Steyn, Elana Meyer (2:27:17, maar ’n 2:25:15 in Boston wat nie amptelik erken word nie), Frith van der Merwe (2:27:36) en René Kalmer (2:29:27).

Steyn en Van Zyl het met hul vertonings seker gemaak van hul plek in die Suid-Afrikaanse span vir die Olimpiese Spele in Tokio later vanjaar.

O ja, Kenia se Angela Tanui het die afdeling vir vroue gewen in 2:20:08. Haar landgenoot Kiptanui Ericprono het die wedloop gewen in ’n haastige 2:05:47.

• Hou Netwerk24 dop vir meer nuus later.

Meer oor:  Irvette Van Zyl  |  Gerda Steyn  |  Marathon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.