Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
SA se beste jong atlete Finland toe
Zeney van der Walt van die Afrikaanse Hoër Meisieskool sal een van die atlete wees om dop te hou by die o.20-Wêreldkampioenskap, wat in Julie in Finland gehou word. Foto: Gallo Images

Vier van Suid-Afrika se medaljewenners by verlede jaar se o.18-Wêreldkampioenskap is in Atletiek Suid-Afrika (ASA) se voorlopige groep ingesluit vir die o.20-weergawe van dié byeenkoms, wat in Julie in Tampere, Finland gehou word.

Sokwakhana Zazini, Zeney van der Walt, Breyton Poole en Gontse Morake is deel van die groep wat sal wil sorg dat Suid-Afrikaanse atletiek weer spiere bult.

Suid-Afrika het verlede jaar in Nairobi boaan die medaljelys by die Wêreldbyeenkoms vir o.18's geëindig.

Suid-Afrika het verlede jaar in Nairobi boaan die medaljelys by die Wêreldbyeenkoms vir o.18's geëindig.

Zazini en Van der Walt sal albei poog om weer die goue medaljes in die 400 m-hekkies te verower, terwyl Poole sy sukses in die hoogspring, waar hy ook goud gewen het, sal wil nadoen.

Zazini sal moontlik ook sy slag in die 400 wys. Morake was deel van die 4x400-aflosspan wat die bronsmedalje verower het.

Zazini hou die o.18-wêreldrekord in 48.84 sek., met Van der Walt wat in Maart 55.05 gehardloop het vir ’n nasionale junior rekord.

Verder sal Thando Dlodlo, wat in Maart die Suid-Afrikaanse junior rekord in die 100 opgestel het (10.11) in vier items in aksie wees: die 100, 200, 4x100- én die 4x400-aflos.

Kayle Blignaut, wat in April in Boksburg by die Suider-Afrikaanse jeugkampioenskap die gewigstoot gewen het met ’n kolossale gooi van 21.65 m, is in sy voorkeurnommer ingesluit.

Die voorlopige groep is:

Mans: Thando Dlodlo (100, 200, 4x100 en 4x400), Tembo Monareng (100, 4x100 en 4x400), Tsebo Matsoso (200 en 4x100), Sokwakhana Zazini (400, 400-hekkies en 4x400), Gabriel Louw (400 en 4x400), Silusapho Dingiswayo (110-hekkies en (4x100), Lourens Steenkamp (400-hekkies en 4x400), Breyton Poole (hoogspring), Valco van Wyk (paalspring), Kayle Blignaut (gewigstoot), Naas Marais (diskus), Anro van Eeden (spiesgooi), Malesela Senona (4x100).

Vroue: Rose Xeyi (100), Nicola Gibbon (400 en 4x400), Marlie Viljoen (400 en 4x400), Liza Kellerman (800 en 4x400), Zeney van der Walt (400-hekkies en 4x400), Gontse Morake (400-hekkies en 4x400), Mieke Strydom (gewigstoot), Rogail Joseph (4x400).


Meer oor:  Breyton Poole  |  Sokwakhana Zazini  |  Finland  |  Asa  |  Atlete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.