Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Salazar-appèlsaak vind in 2020 plaas

Die omstrede Amerikaanse atletiekafrigter Alberto Salazar se appèlsaak teen sy skorsing van vier jaar sal nie sommer voor Maart 2020 begin nie.

Só het die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) Maandagaand in ’n verklaring gesê nadat Salazar en die spandokter, Jeffrey Brown, aangedui het dat hulle teen hul skorsings gaan appelleer.

Alberto Salazar / Foto: Getty Images

“Twee CAS-prosedures is geopen,” het die hof, wat in Switserland gesetel is, luidens die verklaring gesê.

“Die partye het gevra dat hulle addisionele tyd gegun word om hul geskrewe aansoeke en bewyse in te dien.”

Die 61-jarige Salazar is in Oktober vir vier jaar geskors deur Usada (die Amerikaanse agentskap teen die gebruik van verbode middels), nadat hy skuldig bevind is aan oortredings met betrekking tot opkikkers en die verspreiding daarvan.

Brown was ’n spandokter vir Salazar se atlete en is self ook geskors ná die ondersoek, wat vier jaar geduur het.

Salazar was een van die ringkoppe agter Nike se Projek Oregon (NOP).

Dié projek het gefokus op die ontwikkeling van atlete se uithouvermoëns, maar is sedert Salazar se skorsing geskrap.

Die NOP is in 2001 gestig en atlete soos die viermalige wêreldkampioen Mo Farah was tussen 2011 en 2017 deel van die projek.

Die nuutgekroonde wêreldkampioen in die 1 500 m en 10 000 m, Sifan Hassan van Nederland, het ook voorheen onder Salazar geoefen.

Volgens die CAS sal die twee geskorstes sowat vyf maande gegee word om hul sake in orde te kry vir die appèlsaak.

“In die stadium lyk dit onwaarskynlik dat die verhore in dié twee sake voor Maart 2020 sal plaasvind,” het die CAS bygevoeg.

Meer oor:  Atletiek  |  Cas  |  Nike  |  Alberto Salazar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.