Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Salazar se voormalige atlete skitter
Yomif Kejelcha in aksie vroeër vanjaar in die Diamantliga-reeks se 5 000 m in Lausanne, Switserland. Foto: Getty Images

Twee van die omstrede afrigter Alberto Salazar se voormalige atlete, het die naweek in Spanje uitgeblink tydens die Valencia-halfmarathon.

Die Ethiopiër Yomif Kejelcha het Sondag die mans se halfmarathon gewen, terwyl die Nederlander Sifan Hassan tweede in die vrouewedloop was nadat sy geval het.

Kejelcha, wat vroeër dié maand die silwermedalje gewen het op die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreldkampioenskappe in Doha, Katar, het naelskraap in 59 minute en 5 sekondes afgereken met Kenia se Bernard Ngeno, wat tweede was in 59:07.

Kejelcha se tyd plaas hom in die gesamentlike vierde plek op die wêreldranglys. Hy deel dié posisie met Bedan Karoki van Kenia, wat in Augustus in Buenos Aires, Argentinië, ook ’n wentyd van 59:05 gehardloop het.

Hassan, wat vooraf geen geheim daarvan gemaak het dat sy die vroue se halfmarathon-wêreldrekord teiken nie, het vroeg in die wedloop geval en moes daarmee enige hoop om Joyciline Jepkosgei van Kenia se rekord van 1:04:51 te oortref, laat vaar.

Jepkosgei het dié rekord in 2017 op dieselfde roete opgestel.

Ethiopië het Sondag die dubbel voltooi toe Senbere Teferi met die louere weggestap het in 1:05:32.

Ethiopië het Sondag die dubbel voltooi toe Senbere Teferi met die louere weggestap het in 1:05:32. Hassan kon ten spyte van haar terugslag steeds daarin slaag om tweede te eindig.

Sy het 21 sekondes agter Teferi die wedloop voltooi in 1:05:53.

Hassan het in Doha geskiedenis gemaak deur die eerste vrou te word om die dubbel in die 1 500 m en 10 000 m op ’n Wêreldbyeenkoms te behaal toe sy goud in albei gewen het.

Alberto Salazar. Foto: Getty Images

Salazar is vroeër vandeesmaand vir vier jaar deur die Amerikaanse agentskap teen die gebruik van verbode middels (Usada) geskors, omdat hy “opkikkergebruik georkestreer en gefasiliteer het”.

Hy was die hoofafrigter van Nike se Projek Oregan (NOP), ’n oefenkamp wat fokus op die ontwikkeling van atlete se uithouvermoë, waarby Kejelcha en Hassan ook betrokke was. – Sportredaksie

Meer oor:  Alberto Salazar  |  Spanje  |  Padwedlope  |  Opkikkers  |  Marathon  |  Halfmarathon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.