Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Samaai, Semenya laat waai weer

Daar is nou geen meer twyfel dat Suid-Afrika die toon in verspring aangee op die wêreldverhoog nie.

Net ’n bietjie meer as ’n maand nadat hy as Afrika-kampioen gekroon is, het Ruswahl Samaai Saterdag ook koning gekraai by die Kontinentale Bekerbyeenkoms in die Tsjeggiese Republiek, waar hy Afrika gaan verteenwoordig het.

Caster Semenya of Team Africa competes in the Womens 400 Metres going on to run a new national record during day 1 of the IAAF Continental Cup at Mestsky Stadium on September 8, 2018 in Ostrava, Czech Republic.Foto:

Samaai boer knaend in die skaduwee van sy landgenoot Luvo Manyonga, heersende wêreld-, Statebond- en Diamantliga-kampioen, maar oor sy status as een van die planeet se heel bestes is daar geen twyfel nie.

In Manyonga se afwesigheid het die Johannesburger gister die Kontinentale titel gewen met ’n sprong van 8.10 m.

Miltiádis Tentóglou van Griekeland was tweede met 8.00 m, terwyl Jeff Henderson, die Olimpiese kampioen, derde was met 7.98 m.

Caster Semenya kon nie gister haar weg na die boonste trappie van die podium vind nie, maar sy het nietemin weer ’n Suid-Afrikaanse rekord oortref.

Semenya, die wêreld se onbetwiste beste in die 800 m, was in die 400 m tweede agter Bahrein se Salwa Eid Naser (49.32), maar haar tyd van 49.62 was die vinnigste nog deur ’n Suid-Afrikaner.

Semenya het die 400-rekord net verlede maand tot 49.96 verbeter.

Afrika lê tans in die laaste plek op die puntelys met 74 punte. Die Amerikas (Noord- en Suid-Amerika) is eerste met 127.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.