Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Diack se seun vaar uit teen sy vonnis
Lamine Diack, voormalige hoof van Wêreldatletiek Foto: Getty Images

Papa Massata Diack tart die Franse owerhede en sê dat as hulle hom in hegtenis wil neem om sy vonnis van vyf jaar in Frankryk uit te dien, sal hulle ’n taakmag na Senegal moet stuur om hom in hegtenis te neem.

Diack, seun van Lamine Diack, voormalige president van Wêreldatletiek (voorheen die IAAF), is skuldig aan korrupsie skuldig bevind.

Sy pa is op aanklagte van korrupsie vier jaar tronkstraf (waarvan twee jaar opgeskort is) opgelê.

Papa Massata is egter in absentia gevonnis omdat hy geweier het om Senegal te verlaat en in Frankryk verhoor te word.

Interpol, die internasionale polisie-agentskap, het in 2016 ’n internasionale kennisgewing uitgereik waarvolgens Papa Massata op sy lys van gesoekte persone is.

Hy is in Senegal gesetel om die internasionale owerhede te ontduik.

“Hulle kan ’n spesiale taakmag stuur om my te kom haal,” het hy dié week luidens ’n BBC-berig gesê. Hy hou vol dat hy onskuldig is.

Sy pa is skuldig bevind aan korrupsie skuldig met betrekking tot die Russiese opkikkerskandaal, en tot ’n verdere boete van €500 000 gevonnis.

Hy is skuldig bevind daaraan dat hy minstens €3,45 miljoen se omkoopgeld ontvang het sodat dat Russiese atlete wat positief toets vir die opkikkermiddel, nie aan die pen ry nie en hul deelname aan die sport kan voortsit.

Die 87-jarige Lamine was van 1999 tot 2015 in beheer van die IAAF voordat Sebastian Coe oorgeneem het.

Papa Massata, wat in dié tyd die bemarkingshoof van die IAAF was, is ook ’n boete van $1,2 miljoen opgelê.

Franse ondersoekers sê Papa Massata is een van die baasbreine agter die korrupsie-skema, wat onder meer die toekenning van die Olimpiese Spele aan Rio de Janeiro in 2016 en die Tokio-Spele (wat uitgestel is na volgende jaar) ingesluit het.

Papa Massata het in 2017 die beskuldigings teen hom as “die grootste leuen in die geskiedenis van sport” bestempel.

Ofskoon hy glad nie betrokke by die hofsaak wou wees nie, het sy prokureurs in Senegal gesê dat hy nie ’n regverdige verhoor gekry het nie en dus sal appelleer.

“Dit is nie vir my nodig om atlete af te pers nie. Ek het genoeg geld om gemaklik te lewe,” het hy vanuit Senegal se hoofstad, Dakar, gesê.

“Wat Frankryk, die land van menseregte, gedoen het, is afskuwelik. Wat ons in Parys gesien het, was ’n klap in die gesig van geregtigheid, ’n grap.”

Papa Massata het selfs die rassekaart gespeel en gesê dat hy “nie bang is om te sê dat daar rassisme in dié storie is nie”.

Die Japanse publikasie Kyodo News berig dat ’n konsultasiefirma wat vir die Tokio-Spele se reëlingskomitee gewerk het, Papa Massata $370 000 betaal het.

Dié betaling is glo gemaak in die tydperk toe die Spele aan Tokio toegeken is en het bespiegelinge weer laat opvlam dat daar stemkopery tydens die bodproses was. – Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.