Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Simbine maak jag op nóg ’n goue medalje
Akani Simbine tydens die Statebondspele in Australië se Goudkus in 2018. Foto: Getty Images

Nadat hy Sondag in Boston die 100 m in ’n tyd vinniger as tien sekondes afgeblits het, kry Akani Simbine reeds Donderdag, by die Golden Spike-byeenkoms in Ostrava (Tsjeggiese Republiek), kans om weer so te maak.

Dié Suid-Afrikaanse naelloper sal terugkeer tot die baan waar hy in 2018 met ’n silwermedalje weggestap het. Vanjaar is hy egter die gunsteling om op die boonste trappie van die podium te staan.

Simbine het reeds twee keer vanjaar deur die grens van tien sekondes gebars.

Hy het die afgelope naweek goud by die Boost Boston-Spele gewen danksy ’n haastige tyd van 9.92.

In Mei het hy in Sjanghai die 100 in 9.95 kafgedraf.

Hy sal in Ostrava teen die Amerikaner Mike Rodgers, die Kanadees André de Grasse en Italië se Filippo Tortu te staan kom.

Rodgers het verlede jaar derde geëindig by dié byeenkoms, terwyl Justin Gatlin die vinnigste was.

Rodgers het ’n persoonlike beste van 9.85, wat hy in 2011 opgestel het.

Sy beste vanjaar is 10.00.

De Grasse het ’n beste van 10.09 vanjaar, maar sal vol selfvertroue in die blokke sak nadat hy Sondag die 200 by die Diamantliga-byeenkoms in Rabat gewen het in 20.19.

Buiten die 100, sal Simbine ook die Suid-Afrikaanse 4x100-aflosspan wil help om ’n medalje te verower.

Buiten die 100, sal Simbine ook die Suid-Afrikaanse 4x100-aflosspan wil help om ’n medalje te verower.

Hulle sal teen die VSA, Saoedi-Arabië en die Tsjeggiese span te staan kom.

Suid-Afrika se verspring-ster Luvo Manyonga sal nie in aksie wees nie nadat hy sy enkel in Rabat beseer het.

Manyonga moes van die baan af gedra word en kon net twee van sy ses pogings suksesvol voltooi. Sy eerste sprong van 8.21 m was steeds genoeg om die silwermedalje aan hom te besorg.

Juan Miguel Echevarría van Kuba

In sy afwesigheid sal die Kubaan en wenner in Rabat, Juan Miguel Echevarría, as die oorweldigende gunsteling beskou word.

Echevarría het vanjaar al 8.34 m gespring en spog boonop met ’n persoonlike beste afstand van 8.68 m, wat hy verlede jaar behaal het.

Hy het selfs al ’n sprong van 8,92 m agter sy naam, maar die sterk wind van agter (+3.3 m/s) beteken dat dié afstand nie amptelik erken word nie.

Meer oor:  Akani Simbine  |  Naelloper  |  Diamantliga-Byeenkoms  |  Verspring
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.