Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Legendes hou studente in Potch dop

Die Varsity-atletiekbyeenkoms in Potchefstroom sal Vrydag deur die twee beste spiesgooiers in die geskiedenis bygewoon word.

Die Duitser Uwe Hohn ná sy verstommende gooi van 104.80 m in 1984. Foto: Getty Images

Die Duitser Uwe Hohn, die enigste atleet wat ’n spies al verder as 100 m kon gooi, sal saam met die huidige wêreldrekordhouer en voormalige wêreld- en Olimpiese kampioen, Jan Železný (52) van Tsjeggië, van Suid-Afrika se beste studentetalent dophou.

Die 57-jarige Hohn het op 20 Julie 1984 die spies by die Friedrich-Ludwig-Jahn-Sportpark in Berlyn opgetel en die wêreldrekord aan flarde gelaat toe hy met ’n poging van 104,80 m ontplof het.

Sy poging het die destydse wêreldrekord van 99.72 m verpletter.

Die spies se ontwerp is egter in 1986 aangepas is en Hohn se rekord geld slegs vir die ou ontwerp.

Die man wat die nuwe spies nog die verste kon slinger en nou die amptelike wêreldrekordhouer is, is Železný, wat dit self ’n yslike 98,48 m ver laat trek het in 1996.

Dié rekord staan steeds.

Hy het boonop drie keer in sy loopbaan verder as 95 m gegooi met die nuwe spiese.

Johannes Vetter van Duitsland is die enigste ander spiesgooier wat hoegenaamd naby Železný se beste afstande kon kom, met ’n poging van 94.99 m in 2017.

Jan Železný se wêreldrekord staan reeds sedert 1996. Foto: Getty Images

Železný het goud by die Olimpiese Spele in 1992, 1996 en 2000 verower en boonop ’n silwermedalje by die 1988-Spele gewen. Hy was ook in 1993, 1995 en 2001 die wêreldkampioen.

Wat Suid-Afrika egter ’n spesiale plek vir Železný maak, is die feit dat hy in 1997 in Stellenbosch vyf keer die 90 m-merk oortref het met sy gooie tydens ’n enkele byeenkoms.

Die eerste skote in die Varisty-atletiekreeks het op 1 Maart in Stellenbosch geklap en die deelnemende universiteite se spiesgooiers kan heelwat baatvind om met Hohn en Železný te praat.

Die NWU-Pukke se Brendon Skinner het met die louere weggestap toe hy gewen het met 77.10 m. Sy spanmaat Johan Grobler was tweede met 74.54 m, terwyl die Universiteit van Johannesburg se Hercules van Vuuren derde was met 68.36 m.

Die Universiteit van Pretoria beklee tans die eerste plek op die puntelys met 17 punte, terwyl die NWU tweede is met 15 punte en die UJ kort op sy hakke met 14.

Meer oor:  Potchefstroom  |  Atletiek  |  Iaaf  |  Asa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.