Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
CAS kelder blits se Spele-aanslag

Die Switserse naelloper Alex Wilson se droom van ’n tweede Spele lê aan skerwe nadat die opskorting van sy skorsing vir die gebruik van ’n verbode middel Woensdag omgekeer is.

Alex Wilson, wat vir Switserland deelneem, sal nie meer sy slag by die Tokio-Spele kan wys nie. Foto: Getty Images

Die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie (CAS) het die 30-jarige se voorlopige skorsing weer met onmiddellike ingang van krag gemaak, wat beteken dat hy nie sy slag in die 100 en 200 m in Tokio sal kan wys nie.

Dié gebore Jamaikaan is in April voorlopig deur Switserland se agentskap teen die gebruik van verbode middels geskors nadat hy tydens ’n toets buite die kompetisietydperk in Maart positief vir die middel trenboloon getoets is.

Wilson het teen sy skorsing geappelleer met die verweer dat hy onwetend die middel in sy gestel gekry het nadat hy besmette vleis in die VSA geëet het. Sy skorsing is in Julie opgeskort deur die tugkomitee van die Switserse Olimpiese Komitee. Wêreldatletiek, die sport se beheerliggaam, het egter hierteen geappelleer by CAS, wat die besluit ter syde gestel het en die skorsing wees ingestel het.

Wilson het sy Spele-buiging in 2012 in Londen gemaak waar hy die halfeindronde in die 200 gehaal het. – Wim Pretorius

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Verbode Middels  |  Cas  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.