Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Tokio, IOK steeds haaks oor marathon
John Coates, ie IOK se hoof vir die Spele,. Foto: Getty Images

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) sê hy wil hê Tokio moet die redes verstaan waarom hy besluit het om die Spele-marathon na die noordelike stad Sapporo te skuif.

Yuriko Koike, Tokio se goewerneur, is egter steeds woedend oor die besluit.

Die IOK het vroeër vandeesmaand gesê die marathon en stapwedlope in 2020 se Spele sal na Sapporo geskuif word, weens vrees vir erge hitte in Tokio in die somer.

John Coates, die IOK se hoof vir die Spele, het Woensdag op ’n vergadering gesê hy wil nie vandeesweek huis toe gaan sonder dat Tokio se inwoners die rede vir die skuif verstaan nie.

Ons is dit aan die mense van Tokio verskuldig dat hulle ten volle ingelig is.
John Coates

“Ons is dit aan die mense van Tokio verskuldig dat hulle ten volle ingelig is,” sê Coates.

Hy het die voorbeeld genoem van atletiek se Wêreldbyeenkoms in Doha, Katar, waar die hitte en humiditeit daartoe gelei het dat talle atlete die handdoek ingegooi het – selfs al is dit om middernag gehou.

Hy sê hy het die redes aan Koike verduidelik.

Watersproeie was dié somer ’n algemene gesig op Tokio se sypaadjies. Foto: Getty Images

Tokio se temperature in Julie en Augustus oorskry gereeld 30 °C, met hoë humiditeit wat lei tot erge ongemak.

Koike hou voet by stuk dat die wedlope in Tokio moet bly.

“Dit was ’n skielike verandering sonder beraadslaging of bespreking met die stad Tokio,” sê sy.

Sy sê die stad het baie tyd en geld bestee om maatreëls teen die hitte te tref.

Die organiseerders sê atlete oefen en berei voor vir die klimaat in Tokio.

Die organiseerders het reeds vroeër vanjaar die begintyd van die marathon na 06:00 geskuif en die stapwedlope na 05:30.

Volgens Koike is die stad gereed om verdere veranderinge te maak, soos ’n verandering van die roete en ’n begintyd so vroeg as 03:00.

Die temperatuur in Sapporo, waar die sokker ook sal plaasvind, is gedurende die dag vyf tot ses grade koeler.

Die IOK sê die temperatuur in Sapporo, waar die sokker ook sal plaasvind, is gedurende die dag vyf tot ses grade koeler.

Toe Tokio die Spele in 1964 aangebied het, is dit in Oktober gehou. Vanweë vol internasionale sportprogramme is dit nie meer moontlik nie.

Die Spele sal van 24 Julie tot 9 Augustus plaasvind, met die marathon op die laaste dag. – Reuters

Meer oor:  John Coates  |  Japan  |  Tokio  |  Koeler  |  Skuif  |  Iok  |  Olimpiese Spele  |  Marathon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.