Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Trek hardloopskoene aan en help hospies om ander te help

Die Run & Walk for Life-atletiekklub en die Grove-winkelsentrum span op 18 Mei saam om die Quatro-wedloop vir hoop aan te bied.

Sowat 4 000 atlete sal aan die wedloop deelneem om te help om geld in te samel vir die Sungardens-hospies.

Volgens Paul Kirby, bemarkingsbestuurder van die Sungardens-hospies, is sowat R50 000 verlede jaar ingesamel. Volgens hom is inisiatiewe soos hierdie noodsaaklik om die hospies in staat te stel om met hul ondersteuningsdienste voort te gaan.

Die wedloop word vanjaar vir die 10de jaar aangebied. Afstande wissel van 5 km vir beginners tot ’n 10 km-wedloop vir die ernstiger drawwers en ’n halfmarathon vir die hardebaarde.

Daar is ’n wye verskeidenheid pryse vir kategoriewenners, vanaf junior (jonger as 19 jaar) tot 80-jariges, en baie geborgde gelukkige trekkings. Die roete neem deelnemers deur die strate van Equestria en sluit ’n paar geleidelike bultjies in wat fiksheidsvlakke op die proef behoort te stel.

Dit sal raadsaam wees om genoeg petrol in die tenk te hou, want die laaste 2 km is meestal opdraand.

Die wedloop begin om 07:00 by die Grove-winkelsentrum. Bel Daan du Toit by 082 572 4169 of Paul Kirby 082 200 4219 vir meer inligting.

Meer oor:  Geldinsameling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.