Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Unieke atletiekkuier kan vermaak

Dertig atlete, sewe stadions in vyf lande, maar net een byeenkoms.

Vir sommige kykers sal die kenmerke van Donderdag se Inspiration Games ’n foefie wees, ander sal alte dankbaar wees dat regstreekse atletiek weer terug is.

Allyson Felix van die VSA sal Donderdag vanuit Kalifornië aan die Inspiration Games in Zürich deelneem. Foto: Getty Images

Oor een ding is daar geen twyfel nie: die organiseerders van dié byeenkoms, wat as ’n plaasvervanger vir die Diamantliga-byeenkoms in Zürich dien, was kreatief.

Hulle is, soos baie ander, met ’n moeilike keuse gelaat: Stel jy die Diamantliga-byeenkoms uit en hoop vir beter dae op ’n latere datum?

Of gebruik jy buitengewone omstandighede om innoverend te wees en ’n kans aan sommige atlete te gee om steeds ’n salaris te verdien?

Organiseerders het op die tweede opsie besluit.

Eers is ’n unieke byeenkoms verlede maand gehou in die sogenaamde Impossible Games in Oslo, Noorweë, waar net ’n klein groepie atlete hul staal kon wys. Die nuwe konsep van virtuele wedlope is toe suksesvol toegepas.

Die Inspiration Games gaan dieselfde roete volg met net Switserland se Mujinga Kambundji, Lea Sprunger, Ajla Del Ponte, tesame met Frankryk se Christophe Lemaitre wat in Zürich sal deelneem.

Die res sal vanuit verskeie hoeke van die wêreld aantree met wedlope in Aubière in Frankryk, Bradenton in Florida, Karlstad in Swede, Lissabon in Portugal, Papendal en Arnhem in Nederland, asook Walnut in Kalifornië.

Die ongewone 100 treë-wedloop is die enigste wat in een land sal geskied wanneer dit in Bradenton gehou word.

Hier sal die Olimpiese kampioen in die 110 m-hekkies, Omar McLeod en die Kanadees Andre de Grasse in die blokke sak.

In die res van die items sal atlete mekaar in verskillende lande die stryd aansê.

In die vroue se 150 m sal die Olimpiese 400-kampioen, Shaunae Miller-Uibo, probeer om die sesmalige Olimpiese kampioen Allyson Felix en Mujinga Kambundji te klop.

Felix sal in Walnut hardloop, Kambundji in Zürich en Miller-Uibo in Bradenton.

Die tweemalige Olimpiese kampioen in die driesprong, Christian Taylor (Bradenton), Pedro Pichardo (Lissabon) en Omar Craddock (Walnut) sal mekaar vanuit drie plekke pak.

  • Volg die aksie regstreeks van 19:35 op Wanda Diamond League se YouTube-blad.
Meer oor:  Atletiek  |  Inspiration Games  |  Diamantliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.