Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Varkafval kry skuld vir positiewe toets

Die Amerikaanse middelafstandatleet Shelby Houlihan pak die skuld op ’n vark-burrito nadat sy positief getoets is vir ’n verbode middel.

Shelby Houlihan hou vol sy het nog nooit opkikkers gebruik nie. Foto: Getty Images

Houlihan (28) is vir vier jaar uit atletiek geskors, maar sy hou vol dat sy nog nooit opkikkers gebruik het nie.

Die Olimpiër sê sy het in Januarie gehoor dat die anaboliese steroïed nandroloon in een van haar toetsmonsters gevind is.

Houlihan meen sy het dalk die middel ingekry deur die aand voor haar toets 'n vark-burrito te eet. Volgens haar kan die spesifieke etes ’n vals positief vir nandroloon veroorsaak.

“Ek voel heeltemal verpletter, verlore, gebroke, kwaad, verward en verraai deur die sport wat ek lief het en my hart en siel voor gegee het,” sê Houlihan op Instagram.

“Ek wil dit duidelik stel: Ek het nog nooit enige opkikkers gebruik nie.”

Houlihan, die Amerikaanse rekordhouer in die 1 500 m en 5 000 m, sê sy het “nog nooit eens gehoor” van nandroloon nie. Dit is ’n middel wat ’n persoon se spiermassa kan laat toeneem.

“Ek het sedertdien uitgevind Wada (die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels) weet lankal reeds dat varkvleis ’n vals positief vir nandroloon kan veroorsaak, want sekere tipe varke produseer dit natuurlik in hoë hoeveelhede. Varkafval het die hoogste vlakke van nandroloon,” sê sy.

“Ek het ’n lys saamgestel van alles wat ek geëet het daardie week van 15 Desember toe ek getoets is.

“Ons het vasgestel die waarskynlikste verduideliking is ’n burrito wat ek sowat tien uur voor my toets gekoop en geëet het. Ek het dit aangeskaf by ’n outentieke Mexikaanse kostrok wat varkafval bedien naby my huis in Beaverton, Oregon.

“Ek het die owerhede ingelig dat dit moontlik die oorsaak is.

“Ek het alles in my vermoë gedoen om my onskuld te bewys. Ek het ’n leuenverklikkertoets geslaag. Ek het dat een van die wêreld se voorste toksikoloë ’n monster van my hare toets.

“Wada het bevestig daardie toets het getoon daar was geen opbou van hierdie middel in my liggaam nie, wat daar sou gewees het indien ek gereeld die middel ingeneem het.”

Houlihan, wat aan die Spele in Rio in 2016 deelgeneem het, sal weens die skorsing die sportskouspel in Tokio vanjaar en die Spele in Parys in 2024 misloop.

– Reuters

Meer oor:  Atletiek  |  Varkvleis  |  Verbode Middels  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.