Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Vinnige roete vir wedloop

Drawwers en stappers kry Saterdag die geleentheid om een van die Jakarandastad se lekkerste roetes aan te durf wanneer hulle aantree vir die jaarlikse Brooklyn-padwedloop.

Die wedloop gedenk die afgelope paar jaar die uitwerking wat die hardloop-legende Andrew Greyling in die Pretoria-gemeenskap gehad het, eers as atleet en later as verskaffer van hardlooptoerusting.

In 2001 het die wedloop egter weens ’n ander rede opspraak gemaak toe Patrick Kaotsane, bewaarder by die Pretoria-gevangenis, ervare langasems uitgestof het om die halfmarathon in ’n tyd van 01:03:34 te wen.

Dit is tot vandag toe die vinnigste tyd wat in Pretoria oor dié afstand aangeteken is.

Benewens dat die roete plat en vinnig is, maak die Jakaranda-lanings waardeur dit kronkel die wedloop ’n absolute belewenis.

Die Brooklyn-padwedloop word beslis oor afstande van 5 km, 10 km en 21,1 km.

Sowat 3 000 atlete neem jaarliks deel. Medaljes word toegeken aan almal wat die wedloop voltooi.

Die wegspringtyd is om 06:00 op die hoek van Veale- en Bronkhorststraat, Brooklyn.

Atlete wat nie vooraf ingeskryf het nie, kan nog die oggend van die wedloop vanaf 04:30 registreer.

Veilige onderdakparkering is teen die gewone tariewe by die Brooklyn-winkelsentrum beskikbaar en koffie en pannekoek sal ook vanaf 04:30 te koop aangebied word.

Deelnemers word aangemoedig om hul klub-gazebo’s op te slaan en ná die wedloop saam met spanmaats te kuier.

Inskrywingsgeld wissel van R114 vir die halfmarathon tot R45 vir die 5 km pretdraf.

Bert van den Raad kan vir meer besonderhede by 082 922 6817 of bp-sunny@mweb.co.za genader word.

Meer oor:  Pretoria  |  Stappers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.