Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Virus eis voormalige Olimpiër
Die 800 m-eindronde tydens die 1984 Olimpiese Spele in Los Angeles. Van links is Billy Konchellah, Sebastian Coe, Joaquim Cruz, Edwin Koech, Donato Sabia en Steve Ovett.Foto: Getty Images

Die Covid-19-pandemie het sy eerste Olimpiese slagoffer geëis met die atleet Donato Sabia wat weens dié virus gesterf het.

So het die Italiaanse Olimpiese Komitee (Coni) Woensdag in ’n verklaring gesê.

Sabia het in die 400 m en 800 m gespesialiseer. Hy het aan die Olimpiese Spele in 1984 in Los Angeles, VSA, en vier jaar later in Seoul, Suid-Korea, sy slag gewys.

Volgens Coni was hy vir ’n “paar dae” in intensiewe sorg in die San Carlo-hospitaal in Potenza, in die suidelike streek van Italië.

Die 56-jarige Sabia was vyfde by die Spele in LA waar hy die 800 in 1:44.53 voltooi het. In dié wedloop het Joaquim Cruz van Brasilië met die titel weggestap, terwyl die huidige president van Wêreldatletiek, Sebastian Coe, silwer gewen het.

In Seoul het Sabia ’n sewende plek in 1:48.03 behaal.

Hy is ook ’n voormalige Europese binnenshuise kampioen nadat hy met dié titel in 1984 in Swede weggestap het.

Sabia was ook ’n sesmalige Italiaanse nasionale kampioen met titels in die 400 in 1984, 800 in 1983, 1984 en 1988 en in die binnenshuise 400 m in 1983 en 1988.

Sy persoonlike beste tyd van 1:43.88 in die 800 is die derde vinnigste tot nog toe vir ’n Italianer.

Volgens Coni is hy die eerste Italiaanse atleet wat weens Covid-19 gesterf het. – Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  Italië  |  Covid-19  |  Slagoffer  |  Olimpiese Spele  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.