Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Vroue vier Vrouedag pienk op paaie

Vroue in ’n “see van pienk” het Vrydag die strate van Durban, Johannesburg en Kaapstad ingevaar.

Sowat 23 000 padatlete en stappers het in dié drie stede Vrouedag gevier deur aan ’n nasionale padwedloop oor 10 km deel te neem.

Die Moederstad se strate was Vrydag ’n fees van pienk met duisende vroue wat ter ondersteuning van PinkDrive aan die padwedloop oor 10 km deelgeneem het. Foto: Mark Sampson

Hulle het ter ondersteuning van PinkDrive deelgeneem.

Dit is die eerste keer dat dié wedloop op een dag in drie stede aangebied is.

Jenet Mbhele steek die eindstreep by Kingspark oor. Foto: Rogan Ward
Annie Bothma hardloop voor deur die Kompanjiestuin met Zintle Xiniwe op haar hakke. Foto: Mark Sampson

Jenet Mbhele (Umzimkulu) was die eerste atleet om die eindstreep by Kingspark in Durban oor te steek. Haar tyd was 34 minute 51 sekondes, met Jenna Challenor tweede in 35:19 en Janie Grundling derde in 37:19.

“Ek wou vandag goed doen. Ek het by die 5 km-merk van die voorste groep weggebreek en ek kon die voorsprong behou,” sê Mbhele.

“Ek is so gelukkig met die eerste plek. Dit sal my motiveer om vorentoe ook goed te vaar.”

Glenrose Xaba (Embalenle, Mpumalanga) het die Goudstad-wedloop oorheers en die Mary Fitzgerald-plein in Newtown binnegehardloop vir ’n tyd van 35:05.

Carina Viljoen (35:56) het tweede geëindig en Kathryn van Meter derde (37:07).

Glenrose Xaba hardloop Vrydag in Johannesburg. Foto: Tobias Ginsberg

Xaba sê sy het vroeër vanjaar met beserings gesukkel en is opgewonde om eerste te eindig. “Ek wou my selfvertroue opbou,” sê Xaba.

In Kaapstad het Annie Bothma van Mouillepunt haar titel suksesverdedig. Sy het die eindpunt by die Grand Parade in 34:52 bereik.

“Ek het hierheen gekom om te wen. Ek wou my titel verdedig en het nie omgegee vir die tyd nie,” sê Bothma.

“Die wedloop is uitdagend, want daar is talle heuwels en ek weet Zintle (Xiniwe) is ’n sterk hardloper.

“Ek is egter sterk teen heuwels. Die atmosfeer is fantasties en dit is pragtig om so baie vroue te sien wat saamstaan en saam hardloop,” sê Bothma.

Zintle Xiniwe (37:06) het tweede klaargemaak en Beetrice Themane (37:26) derde. – Sportredaksie

Meer oor:  Pinkdrive  |  Padwedloop  |  Vrouedag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.