Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
VSA kies groot kanonne vir Katar

Agt verdedigende wêreldkampioene, 13 goue medaljewenners by die vorige Olimpiese Spele in Rio de Janeiro en nege van die wêreld se voorste atlete in hul nommers in 2019.

Dít is waaruit die Amerikaanse atletiekspan vir die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se Wêreldkampioenskap saamgestel is.

Amerika gaan straks sy spiere bult by die Wêreldkampioenskap met atlete soos die naelloper Christian Coleman in sy geledere. Foto: Getty Images

Waar Suid-Afrika na alle waarskynlikheid weer met ’n Gideonsbende na Doha in Katar gaan opruk, sal die VSA met ’n allemintige groep van 141 atlete op die woestynstad toesak.

Die VSA sal nes in 2017 in Londen weer poog om boaan die medaljelys te eindig. Die Yanks het toe altesaam 30 medaljes (tien goud, 11 silwer en nege brons) verower.

Kenia was tweede op die lys met 11 (vyf goud, twee silwer en vier brons), met Suid-Afrika in ’n verrassende derde plek. Dít was te danke aan ses medaljes (drie goud, een silwer en twee brons).

Amerika is vanjaar gewapen met sterre soos Christian Coleman, Noah Lyles en Dalilah Muhammad wat in die binnebaan sal wees vir goue medaljes.

Coleman het in 2017 die silwermedalje gewen in die 100 m, maar homself sedertdien as die voorste atleet in dié nommer in die wêreld onderskei.

Net so is Lyles, wat die Diamantliga-reeks se kampioen in die 100 en 200 is, die oorweldigende gunsteling om die 200 te wen.

Muhammad, die Olimpiese kampioen, het in Julie die wêreldrekord in die 400-hekkies tot 52.20 sekondes verbeter tydens die VSA se nasionale byeenkoms.

Dan sal Justin Gatlin (100), Sam Kendricks (paalspring), Christian Taylor (driesprong), Tori Bowie (100), Phyllis Francis (400), Kori Carter (100-hekkies), Emma Coburn (3 000-hindernis) en Brittney Reese (verspring) almal terugkeer as verdedigende kampioene.

Buiten Muhammad is Taylor, Matthew Centrowitz (1 500), Jeff Henderson (verspring), Ryan Crouser (gewigstoot), Brianna Rollins McNeal (100-hekkies) en Michelle Carter (gewigstoot) almal ook Olimpiese kampioene in die span.

Dan beklee Coleman, Lyles, Kendricks, Muhammad, Michael Norman (400), Grant Holloway (110-hekkies), Will Claye (driesprong), Jenn Suhr (paalspring) en DeAnna Price (hamergooi) almal tans die voorste plekke op die wêreldranglys.

Die Wêreldkampioenskap begin op 27 September.

Meer oor:  Katar  |  Atletiek  |  Iaaf  |  Wêreldkampioenskap  |  Vsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.