Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
‘Wada moet ook skuld kry vir opkikkers’

Vitaly Mutko, Rusland se adjunk- eerste minister, meen die vinger kan nie net na Rusland gewys word oor die staatsondersteunde opkikkerprogram wat daartoe gelei het dat Russiese atlete die Olimpiese Spele in 2016 en die Wêreldkampioenskap in 2017 misgeloop het nie.

Vitaly Mutko, Rusland se adjunk- eerste minister, glo dat die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport (Wada) ook skuld dra aan die Russiese opkikkerskandaal. Foto: Getty Images

Mutko meen die Wêreldagentskap teen Verbode Middels in Sport (Wada) dra ook skuld omdat hy die aanstelling van Grigory Rodchenkov goedgekeur het as die hoof van Moskou se laboratorium wat toets vir verbode middels.

Rodchenkov was een van die grootkoppe in die staatsgesteunde program vir die gebruik van opkikkers in Rusland.

“Ons aanvaar dat hierdie man (Rodchenkov) self Wada se reëls, regulasies en standaarde oortree het,” het Mutko, wat sedert 2016 die land se adjunk- eerste minister is, in ’n onderhoud aan die R-Sports-nuusagentskap gesê.

“En ons het hom afgedank.

“Ons is besig om die stelsel (vir die toets van verbode middels) te herorganiseer, maar daar moet ook daarop gelet word dat Wada ook verantwoordelikheid moet neem,” sê hy.

“Hulle moes verantwoordelikheid geneem het vir Rodchenkov, aangesien hulle die lisensie en werkpermit aan hom gegee het. Hulle was in beheer van hom, maar nou moet die staat die skuld dra.”

Soos Wladimir Poetin, president van Rusland, ontken Mutko dat daar ’n staatsgesteunde program was. Hy sê die program is deur die Russiese agentskap teen die gebruik van verbode middels (Rusada) gedryf.

“Dis nou tyd dat hierdie storie afgesluit word en dat mense ophou om Russiese sport in die geheel te beskuldig, want ons is die afgelope twee jaar onder beheer van internasionale sportorganisasies.”

Hoewel Russiese atlete steeds nie onder die landsvlag aan atletiekbyeenkomste mag meeding nie, kan atlete wat kan bewys dat hulle nie by die opkikkerprogram baat gevind het nie as neutrale atlete aan byeenkomste deelneem.

Rusland is in 2015 uit alle internasionale atletiekbyeenkomste geskors ná gerugte van ’n staatgesteunde program vir die gebruik van opkikkers.

Richard McLaren, ’n Kanadese regsprofessor, het die gerugte bevestig in ’n verslag waarin hy bevind het dat meer as 1 000 Russiese sportlui by dié program baat gevind het.

Wada het wel vroeër vanjaar die gedeeltelike verbod op Rusada gelig en die agentskap toegelaat om weer toetse vir verbode middels uit te voer.

Hoewel Russiese atlete steeds nie onder die landsvlag aan atletiekbyeenkomste mag meeding nie, kan atlete wat kan bewys dat hulle nie by die opkikkerprogram baat gevind het nie as neutrale atlete aan byeenkomste deelneem.

Op die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se 2017-Wêreldkampioenskap het 19 Russiese atlete (12 mans en sewe vroue) onder dié mantel deelgeneem. Hulle het ses medaljes (een goud en vyf silwer) verower.

Meer oor:  Verbode Middels  |  Wada  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.