Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Wada lig straks verbod op Russe
Craig Reedie, president van Wada,. (Foto: Getty Images)

Die Wêreldagentskap teen verbode middels in sport (Wada) sal Donderdag waarskynlik die verbod op die Russiese agentskap teen die gebruik van verbode middels (Rusada) lig.

Dit sal Rusland toelaat om weer aan internasionale byeenkomste deel te neem, ’n besluit wat Wada in twee verdeel het.

Dit volg nadat Richard McLaren, ’n Kanadese regsprofessor, in ’n verslag bevestig het dat meer as 1 000 Russiese sportlui baat gevind het by ’n staatsgesteunde opkikkerprogram wat in 2014, ná die Winterspele in Sotsji, ontbloot is.

Wada se uitvoerende komitee kom Donderdag in die Seychelle bymekaar en kan moontlik die weg baan vir Rusland om weer toegelaat te word om vir die eerste keer sedert 2015 aan internasionale atletiekbyeenkomste deel te neem.

Maar die visepresident van Wada, het dit reeds duidelik gemaak dat sy teen die Russe se terugkeer gekant is.

Rusada se skorsing kan moontlik Donderdag weer gelig word.Foto: Getty Images

Ofskoon Wada se komitee, wat moet kyk of die Russiese owerhede genoegsaam voldoen het aan die vereistes, verlede week voorgestel het dat Rusada se skorsing gelig moet word, het Helleland gesê sy is nog nie tevrede met die Russe se vordering nie.

“Ek kan die vordering sien wat Rusada reeds gemaak het, maar solank as wat hy nie die McLaren-verslag erken nie en Wada steeds nie toegang tot sy laboratoriums het nie, sal ek teen die herinstelling van Rusland stem,” sê sy in ’n verklaring.

Helleland, wat as ’n goeie kandidaat beskou word om die huidige Wada-president, Craig Reedie, op te volg wanneer sy termyn einde 2019 tot ’n einde kom, meen die data waarvolgens die organisasie die Russe se herinsluiting wil regverdig, wyk aansienlik af van die oorspronklike kriteria.

Die oorspronklike kriteria het twee sleutelpunte gehad, waarvan die eerste was dat Rusland die McLaren-verslag se bevindinge moet aanvaar en tweedens dat toegang tot Moskou se laboratorium (waar meeste van die manipulasie van monstertoetse plaasgevind het) gegun moet word.

Dit het egter steeds nie gebeur nie.

Wada sê in ’n verklaring indien Rusada se verbod gelig word, sal die Russe steeds vereis word om toegang tot die Moskou-laboratorium te gee en indien dit nie gebeur nie, sal die skorsing weer ingestel word.

“As die voldoeningskomitee se aanbeveling deur Wada se uitvoerende komitee goedgekeur word, sal Rusada weer ingestel word.

Nietemin, om enige onsekerheid te vermy, vereis die tweede voorwaarde dat Wada ’n kopie kry van die voormalige Moskou-laboratorium se databasis.

“Nietemin, om enige onsekerheid te vermy, vereis die tweede voorwaarde dat Wada ’n kopie kry van die voormalige Moskou-laboratorium se databasis en dat onverwerkte data deur ’n onafhanklike kenner binne ’n streng vasgestelde tydperk, soos bepaal deur die uitvoerende komitee, ondersoek word,” sê Wada.

Die tweemalige Britse Olimpiese kampioen in die tienkamp, Daley Thompson, is ook ontevrede oor die verwikkeling.

“Hoekom het Craig Reedie en Wada probeer help om Rusland terug in internasionale sport te kry, sonder sy samewerking? Is Wada oorbodig? Het hy enige kredietwaardigheid?” sê hy op Twitter.

Thompson se landgenoot, die Olimpiese swemmer Lizzie Simmonds, is ewe ontevrede.

“Om Rusland weer toe te laat om deel te neem, sal ’n ongelooflike teken van swakheid deur Wada wees. Dit sal sport skade berokken,” twiet sy.

Meer oor:  Craig Reedie  |  Rusland  |  Atletiek  |  Atlete  |  Wada  |  Opkikkers  |  Rusada
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.