Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Wada-verslag oor opkikkers verras
Craig Reedie, Wada-president.Foto: Getty Images

Italië is die land wie se sportlui hulle die meeste aan opkikkeroortredings skuldig maak.

Dít is een van die verrassende bevindings in Wada (die internasionale liggaam wat die gebruik van verbode middels in sport beveg) se verslag vir 2016, wat pas verskyn het.

Luidens dié Wada-dokument is altesaam 229 514 bloed- of urinemonsters van sportlui in 2016 ingesamel en getoets, met verbode middels wat in 1 326 van dié monsters gevind is. ’n Verdere 269 atlete is aan oortredings wat verband hou met die gebruik van verbode middels (soos atlete wat verpligte opkikkertoetse misloop) skuldig bevind.

Atletiek, wat die laaste paar jaar groot skade gely het nadat die staatsgesteunde opkikkerprogram in Rusland rugbaar geword het, het in 2016 die meeste oortreders opgelewer.

Atletiek, wat die laaste paar jaar groot skade gely het nadat die staatsgesteunde opkikkerprogram in Rusland rugbaar geword het, het in 2016 die meeste oortreders opgelewer.

Altesame 205 atlete het positief getoets vir verbode middels. Liggaamsbou (183) en fietsry (165) was nie ver agter atletiek nie. Die ander sportsoorte op die toptienlys van oortreders is gewigoptel (116), sokker (79), kragoptel (70), stoei (64), rugby (56), watersportsoorte (35) en boks (ook 35).

Interessant genoeg is Italië die land wat verreweg die meeste opkikkeroortreders opgelewer het (altesaam 147). Hy word gevolg deur Frankryk (86), Amerika (76) en Australië (75).

Rusland, wat hom sedert 2016 in die internasionale sportwildernis bevind vanweë die groot opkikkerskandaal wat daar oopgevlek is, lê saam met Indië sesde op die lys met 69 oortreders in 2016.

Suid-Afrika is tiende op dié lys met ’n totaal van tien oortreders. – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Italie  |  Rusland  |  Wada  |  Opkikkers  |  Atletiek  |  Verslag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.