Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Wayde 1ste keer vanjaar in 400 te sien
Wayde van Niekerk tussen Charles Klaasen (links) en Tsebo Matsoso op ’n vroeëre geleentheid by Kovsies. Foto: Mlungisi Louw

Wayde van Niekerk, Olimpiese kampioen en wêreldrekordhouer in die 400 m, sal Saterdag in Bloemfontein die eerste keer vanjaar aantree in dié item waarin hy die wêreldrekord hou.

Sy afrigter, Ans Botha, het bevestig dit is die enigste item waarin die naelloper in aksie sal wees by die Vrystaatse senior-, o.20-, o.18-, en o.16-atletiekkampioenskap wat Vrydag begin het.

Die 400 m word Saterdag om 12:40 beslis.

Dit is Van Niekerk se derde byeenkoms van die Olimpiese jaar.

“Hy gaan die naweek net in die 400 te sien wees. Ons beskou dit nog as ’n oefenwedloop en ons het nie juis ’n spesifieke tyd in die kop nie,” sê Botha.

Ons beskou dit nog as ’n oefenwedloop en ons het nie juis ’n spesifieke tyd in die kop nie.
Ans Botha

Van Niekerk is met ’n tyd van 43.03 sekondes die wêreldrekordhouer in die 400 m.

Dit is maar sy tweede byeenkoms vanjaar op ’n tartanbaan.

Botha het benadruk dat hulle dinge steeds rustig vat.

“Ons wil nie te vinnig te veel doen nie. Ons probeer nog in die stadium die volumes beheer.”

Van Niekerk moet aan sy provinsiale kampioenskap deelneem vir ’n plek by die Suid-Afrikaanse kampioenskap wat in April (23ste tot 25ste) in Pretoria gehou word.

Meer oor:  Wayde Van Niekerk  |  Bloemfontein  |  Atletiek  |  Besering  |  400 M
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.