Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Wayde benoem as IAAF se atleet van die jaar
Wayde van Niekerk

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) het Woensdag die drie vroue- en mansfinaliste aangekondig wat sal meeding om die titel Atleet van die Jaar.

Wayde van Niekerk is saam met Jamaika se Usain Bolt en Engeland se Mo Farah benoem.

Die drie vrouefinaliste is Almaz Ayana (Ethiopië), Elaine Thompson (Jamaika) en Anita Wlodarczyk (Pole).

Caster Semenya is nie in die wedloop nie, nadat sy as een van die agt atlete op die kortlys benoem is.

Van Niekerk het vanjaar Olimpiese goud in die 400 m vir mans ver­ower en in die proses Michael Johnson se 17 jaar oue wêreldrekord, wat tydens die 1999-Wêreldkampioenskap in Spanje opgestel is, in een van die hoogtepunte op die Spele in Rio de Janeiro verpletter. Sy tyd was 43.03 wat 0.181 vinniger as die Amerikaner s’n is.

Van Niekerk se loopbaan in die 400 m het van krag tot krag gegaan met die Vrystater wat silwer op die 2014-Statebondspele verower het en dit in 2015 met goud op die Wêreldkampioenskap opgevolg het.

Die toekennings sal op 2 Desember in Monaco gedoen word.

Lede van die IAAF-“familie” (wat die IAAF-raad, media en ander belanghebbendes in atletiek insluit) moes deur ’n e-pos hul stem uitbring.

Die IAAF-raad se stemme tel 50% van die finale uitslag, terwyl die stemme van ander IAAF-lede en die publiek 25% tel.

Die hoogspringatleet Hestrie Cloete is die enigste Suid-Afrikaner wat al dié eerbewys ontvang het. Dit is in 2003 aan haar toegeken. Nog geen Suid-Afrikaanse mansatleet het dit al gekry sedert die eerbewys se ontstaan in 1988 nie.

Bolt is in 2008, 2009, 2011, 2012 en 2013 as die beste mansatleet vereer. Hy hou ook die rekord as atleet wat al die meeste met dié eerbewys weggestap het.

Meer oor:  Atletiek  |  Wayde Van Niekerk  |  Iaaf  |  Olimpielse Spele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.