Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Wayde dalk verrassing in SA span

Wayde van Niekerk, wêreldrekordhouer in die 400 m, mag dalk ’n verrassende insluiting wees in die Suid-Afrikaanse atletiekspan wat in September aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.

Wayde van Niekerk. Foto: Getty Images

Dis al meer as twee jaar sedert dié Vrystaatse blits in die buiteland deelgeneem het, maar dit wil lyk of die beseringspook hom dalk binnekort sal groet.

“Dit lyk of Wayde se besering baie goed herstel het,” het sy agent, Peet van Zyl, Donderdag by navraag gesê.

Van Niekerk het byna in Julie sy terugkeer tot internasionale atletiek gemaak nadat hy in 2017 tydens ’n raakrugbywedstryd ’n ernstige kniebesering opgedoen en die hele 2018-seisoen misgeloop het.

Hy het sy terugkeer in Februarie vanjaar by die Vrystaatse byeenkoms gemaak, maar het toe daarna uit vrees vir nog ’n besering hom in Maart tydens die eendeweer by die nasionale kampioenskappe in Germiston onttrek.

Hy het egter toe in elk geval ’n terugslag beleef wat hom kort ná sy terugkeer tot die baan weer langs die kantlyn gehou het.

Die aanvanklike verwagting was dat Van Niekerk sowat ses weke buite aksie sou wees nadat hy in Junie in ’n oefening ’n beenkneusing opgedoen het.

Sedertdien is hy in ’n wedloop teen tyd gewikkel om betyds fiks verklaar te word vir die Wêreldkampioenskappe, wat in September in Doha, Katar, begin. Hy is die verdedigende kampioen in die 400 m, wat beteken dat hy outomaties vir dié nommer kwalifiseer.

Die Suid-Afrikaner is in Doha om onder meer sy spesialis, dr. Louis Holtzhausen, te raadpleeg.

“Hy is in Doha saam met tannie Ans (Botha, sy afrigter) en ons behoort teen volgende week ’n antwoord te hê oor presies hoe die dinge vir hom lyk,” sê Van Zyl.

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se afsnydatum vir insluiting in die Suid-Afrikaanse span is 16 September.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.