Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Wayde haastig; Caster stel teleur
Wayde van Niekerk se belowende vertoning in Madrid Saterdagaand sal hom beslis rede gee om te glimlag.Foto: Reuters

Wayde van Niekerk, die wêreldrekordhouer in die 400 m, het Saterdagaand in Spanje gewys dat hy stadig maar seker weer besig is om sy beste peil te bereik voordat hy eersdaags sy Olimpiese titel by die Tokio-Spele sal verdedig.

Dié Suid-Afrikaner het in sy eerste oorsese 400-wedloop sedert hy verlede jaar sy terugkeer gemaak het ná ’n ernstige kniebesering in 2017, die kwalifiserende vereiste vir die Tokio-Spele oortref.

Hoewel hy tweede geëindig het, sal hy gewis tevrede wees met die tyd van 44.56 sekondes wat hy by die byeenkoms in Madrid behaal het. Die Spele-vereiste is 44.90.

Colombia se Anthony José Zambrano het net-net voor Van Niekerk geëindig in ’n tyd van 44.51.

Colombia se Anthony José Zambrano het net-net voor Van Niekerk geëindig in ’n tyd van 44.51.

Van Niekerk het in 2016 in Rio de Janeiro goud verower en die wêreldrekord laat spat met ’n ongelooflike tyd van 43.03 sekondes.

Benewens sy deelname aan die 400 in Tokio, behoort hy ook betrokke te wees in die 4x400- of selfs die 4x100-aflos.

Caster Semenya (Getty Images)
Caster Semenya (Getty Images)

Vir nog ’n Suid-Afrikaanse Olimpiese kampioen, Caster Semenya, is die uurglas egter vinnig besig om uit te loop om ’n plek na Tokio te bespreek.

Semenya, wat goud in die 800 in Rio verower het, probeer om vir die 5 000 te kwalifiseer nadat sy en ander atlete met natuurlike hoë testosteroonvlakke verbied is om in sekere items (waaronder die 800 en 1 500) deel te neem mits hulle medikasie gebruik.

Semenya probeer nog Wêreldatletiek se omstrede reël in oorsese howe beveg, maar dié saak kan nog lank sloer. Sy het egter net tot 29 Junie nog tyd om ’n kwalifiserende tyd vir die Spele te behaal.

Sy het die naweek in Italië ’n vierde plek in ’n teleurstellende tyd van 15:57.12 behaal. Om ’n Tokio-plek te bespreek, moet sy die 5 000 m in 15:10 of vinniger aflê – iets wat sy nog nooit kon vermag nie.

James Moloi, Atletiek Suid-Afrika se president, sê hoewel Van Niekerk nog ’n hele ent weg is van sy persoonlike beste tyd in die 400, is die belangrikste dat hy nou eers ’n kwalifiserende tyd moes hardloop.

Hy het ook vir atlete soos Semenya, wat nog nie kon kwalifiseer nie, aangemoedig om nie “moed te verloor nie” en elke moontlike kans wat daar is om deel te neem tot en met 29 Junie, te benut.

Meer oor:  Wayde Van Niekerk  |  Caster Semenya  |  Spanje  |  Suid-Afrika  |  400 M  |  Asa  |  Kwalifiseer  |  Olimpiese Spele  |  Atletiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.