Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Wayde toets positief, toe negatief

Wayde van Niekerk se laaste toets vir die koronavirus was negatief, maar dit was te laat om hom toe te laat om sy terugkeer tot die atletiekbaan in Trieste, Italië, te maak nie.

Van Niekerk sou in sy eerste internasionale wedlope sedert 2017 deelneem in die 100 m en 400 m, maar moes onttrek nadat hy positief getoets is vir die virus.

Hy is toe weer getoets om seker te maak omdat hy geen simptome getoon het nie.

In-Site Athlete Management, die agentskap wat Van Niekerk verteenwoordig, het dié nuus bevestig.

Wayde van Niekerk

“Nadat hy positief getoets is, is hy weer getoets en dié keer is die uitslag negatief. Die dokter wat na hom gekyk het, het aanbeveel dat hy vir bloedtoetse gaan omdat daar teenstrydighede is.”

Die voorsorgmaatreëls wat vir die byeenkoms getref is, het hom egter verhoed om deel te neem, al is die 400 m-wêreldrekordhouer negatief getoets vir die virus.

Net die hekkiesatleet Antonio Alkana kon toe die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper.

Die verspringer Ruswahl Samaai het wel aangetree, maar het nie eens ’n eerste sprong gemaak nie, terwyl die naelloper Danel Holton ook nie in die 400 m aangetree het nie.

Van Niekerk se agent, Peet van Zyl, het vroeër luidens die Italiaanse publikasie La Gazzetta dello Sport oor die Covid-19-skrik gesê hy weet nie hoe dit moontlik is nie.

“Wayde het die hele week geoefen en nooit enige simptome gehad nie, nie eens nadat hy positief getoets is nie. Hy het nooit koors gehad nie.

“In die afgelope 14 dae is elkeen van ons vier keer getoets.”

Van Zyl sê Van Niekerk was nie blootgestel aan mense by wie hy kon aansteek nie. Daarom het hulle aangedring op nóg ’n toets om seker te maak dat hy wel die koronavirus onder lede het.

Die blits is tans in Gemona, sy Europese oefenbasis, om voordeel te put uit die Noordelike Halfrond se somerseisoen. Dit is ook waar hy positief getoets is.

“Ons was nog die hele tyd geïsoleerd. Ons was nooit by ander mense nie, ons het ’n hotelvloer net vir ons en ’n toegekende vertrek net vir ontbyt, middagete en aandete,” het Van Zyl bygevoeg.

Ons het net die hotel verlaat om na die baan te gaan.

Vir Van Niekerk is dit die soveelste terugslag sedert daardie noodlottige dag in Oktober 2017 toe hy in ’n raakrugbywedstryd sy kruisligament beseer het.

Hy het die Statebondspele in 2018 in Australië gemis en ook die Wêreldkampioenskap verlede jaar in Doha.

Dié oudleerling van Grey Kollege in Bloemfontein het enkele wedlope in Februarie ingewerk om litte los te maak, maar sy terugkeer na die baan is toe weens die uitbreek van die Covid-19-pandemie kortgeknip.

Samaai het op Twitter bevestig dat die Suid-Afrikaners vier keer in die afgelope twee weke getoets is.

“Ja, dit is reg. Ons het vier Covid-toetse in 14 dae gehad, almal van hulle negatief,” het hy getwiet.

• Die Brit Andrew Pozzi het maalvleis van sy teenstanders gemaak in die 110 m-hekkies in 13.36 sekondes – selfs nadat hy die negende en tiende hekkies getref het.

Alkana het die tweede hekkie raak getrap en kon net ’n vyfde plek behaal in 13.79.

Die Italiaanse trio van Paolo Dal Molin (13.65), Lorenzo Perini (13.73) en Hassane Fofana (13.74) het ook voor die Suid-Afrikaner geëindig.

Alkana sal nietemin verlig wees dat hy die roes kon afskud.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Wayde Van Niekerk  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.