Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Wayde van Niekerk het glo koronavirus
Wayde van Niekerk het glo positief getoets vir Covid-19. Foto: Getty Images

Wayde van Niekerk sal na bewering nie Saterdag in Trieste in die blokke sak nie nadat hy glo positief getoets is vir die koronavirus.

Luidens die Italiaanse publikasie La Gazzetta dello Sport is Van Niekerk onder kwarantyn geplaas in die Italiaanse stad Gemona, sy Europese oefenbasis, waar sy toestand dopgehou sal word.

Van Niekerk sou Saterdag sy terugkeer op internasionale vlak gemaak het waar hy geskeduleer was om by die Triveneto-byeenkoms in die Grezar-stadion in Italië aan die 100 m en 400 m deel te neem.

Dit sou sy eerste byeenkoms sedert Februarie wees en sy eerste buite Suid-Afrika se grense sedert hy in 2017 ’n kruisligamentbesering opgedoen het.

Peet van Zyl, sy agent, en Ans Botha, sy afrigter, wat albei saam met Van Niekerk in Italië is, het nog nie op Netwerk24 se navrae gereageer nie.

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Atletiek  |  Wayde Van Niekerk  |  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.