Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Atletiek hersien 'tradisies' oor vroue

Wêreldatletiek het op Internasionale Vrouedag (8 Maart) ’n rits beloftes gemaak om “die rol van meisies en vroue” in die sport te bevorder.

Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek. Foto: Getty Images

Die beheerliggaam sê hy fokus op drie kernareas van die sport waar hy beoog om vroue te bemagtig in leierskapsposisies, weg te breek van tradisies en op al sy platforms die kollig op vroue se stories te plaas.

Wêreldatletiek het in 2019 die eerste keer ’n vrou as adjunkpresident aangestel en vroue-verteenwoordiging in sy raad tot 30% uitgebrei.

Die liggaam sê nou hy wil dié persentasie teen 2023 tot 40% laat styg en beoog gelyke verteenwoordiging teen 2027.

Die Monaco-gebaseerde organisasie sê verder dat hy besig is om tradisies te hersien rakende die uitbeelding van vroue se vertonings en prestasies, waar tans ’n wesenlike oneweredigheid te sien is.

Om hiermee te begin, sal die volgende Wêreldkampioenskapsbyeenkoms, wat vir 2022 in Oregon in die VSA gereël is, vir die eerste keer met ’n vroue-nommer afgesluit word, terwyl die uitslae nie meer outomaties as “mans eerste” voorgelees sal word nie.

In die verlede het die Wêreldkampioenskapsbyeenkomste normaalweg afgesluit met die mans se 4x400 m-aflos.

Sy webblaaie sal onder meer nie meer mans se uitslae, ranglyste en toekennings eerste lys nie.

“Geslagsgelykheid behoort nie meer ’n teoretiese gesprek in die organisasie te wees nie,” het Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, in ’n verklaring gesê.

“Ons behoort op te tree deur grense te identifiseer, ons beleide te hersien en ’n duidelike weg te baan vir vroue om op alle vlakke uit te styg, by te dra en deel te neem.

“Atletiek het histories, sedert die begin van die beroepsera in die 1980’s, die voorbeeld gestel in geslagsgelykheid met gelyke programme van nommers en prysgeld vir beide mans en vroue.”

Coe het gesê hul taak is nog ver van klaar af, maar hy glo dat hierdie beloftes vroue sal help om oor die hekkies te seil wat met historiese grense gepaard gaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.