Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Geen Genzebe Dibaba op baan in Doha

’n Hakbesering, wat sy verlede maand in ’n Diamantliga-byeenkoms opgedoen het, gaan Ethiopië se langasem Genzebe Dibaba uit die Wêreldkampioenskap in Katar hou.

Genzebe Dibaba gaan nie haar slag in Doha wys nie. Foto: Getty Images

Die 28-jarige Dibaba, wat in 2015 die wêreldkampioen was en tans die wêreldrekordhouer in die 1 500 meter vir vroue is, het dié aankondiging op Instagram gemaak.

Sy het verlede maand in Zürich ligamente in haar regterhak beseer.

Dibaba was in 2015 in Beijing die wenner en het dieselfde jaar die wêreldrekord van 3:50:07 behaal.

“Ek gaan ongelukkig nie by die Wêreldkampioenskap in Doha kan wees nie. Ek werk reeds hard daaraan om sterker terug te keer!” skryf sy.

Sifan Hassan van Nederland, wat in Ethiopië gebore is, word nou as die gunsteling beskou vir dié item by die Wêreldkampioenskap wat van 27 September tot 6 Oktober gehou word. Faith Kipyegon van Kenia was in 2017, by die Wêreldbyeenkoms in Londen, die kampioen.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.