Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Kampioen in 400 voorlopig geskors

Salwa Eid Naser, die 400 m se vrouewêreldkampioen, is voorlopig geskors nadat sy drie opkikkertoetse binne 12 maande misgeloop het.

Salwa Eid Naser was pure vreugde toe sy goud gewen het by die 2019-Wêreldkampioenskap in Doha. Foto: Getty Images

Die Atletiek-integriteitseenheid (AIU), ’n onafhanklike liggaam wat deur Wêreldatletiek gestig is, het aangekondig dat die Nigeries-gebore Bahreinse atleet ’n skorsing van tot twee jaar in die gesig staar.

Naser het verlede jaar die derde vinnigste 400 in die geskiedenis gehardloop toe sy goud gewen het by die Wêreldkampioenskap in Doha.

Die 22-jarige het toe byna ’n sekonde van haar eie persoonlike beste tyd geknip toe sy die wenstreep in 48.18 sekondes oorgesteek het.

Dit was die vinnigste tyd deur enige vrou in 34 jaar met net Oos-Duitsland se Marita Koch en Tsjeggië se Jarmila Kratochvilova wat al vinniger was.

Volgens die AIU het sy nie haarself beskikbaar gestel vir toetsbeamptes om haar vir die gebruik van verbode middels te toets nie.

Van atlete word vereis om besonderhede beskikbaar te stel van waar hulle gaan wees vir minstens ’n uur van elke dag vir indien hulle getoets moet word.

Die oortreding waaraan Naser haar skuldig gemaak het, beteken dat sy óf nie die verlangde vorms ingevul het om te sê waar sy gaan wees nie óf sy was nie waar sy gesê het sy gaan wees toe die toetsbeamptes opgedaag het nie.

Naser, wat in Nigerië gebore is, het na Bahrein verhuis toe sy 14 was. Sy het silwer by die 2017-Wêreldkampioenskap in Londen gewen, voordat sy dit verlede jaar met die goue medalje opgevolg het.

Verskeie Bahreinse sterre het hulle die afgelope drie jaar daaraan skuldig gemaak dat hulle regulasies rakende die gebruik van verbode middels verontagsaam het.

In 2018 het Ruth Jebet, die Olimpiese kampioen in die 3 000 m-hindernis, positief getoets vir die gebruik van die verbode middel eritropoïetien (EPO). Sy is toe vir vier jaar geskors.

In 2017 is Eunice Kirwa, die Olimpiese silwermedaljewenner in die marathon, ook vir vier jaar vir die gebruik van EPO geskors. – Sportredaksie

Meer oor:  Salwa Eid Naser  |  Wêreldatletiek  |  Opkikkers  |  Aiu  |  Verbode Middels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.