Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Onskuldig ná blaps met opkikkertoets

Salwa Eid Naser, Bahrein se 400 m-wêreldkampioen, is kwytgeskeld van ’n potensiële skorsing in ’n opkikker-saak wat haar uit volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio kon gehou het.

Salwa Eid Naser steek die wenstreep eerste oor op verlede jaar se Wêreldkampioenskap in Doha. Foto: Getty Images

’n Tribunaal van Wêreldatletiek het die toets vir die gebruik van opkikkers, wat Naser gemis het, daaraan toegeskryf dat die toetsbeampte die pad byster geraak het en aan ’n stooreenheid se deur geklop het, eerder as aan haar woonsteldeur.

“Dit was ’n saak wat ’n grensgeval was,” lui die verslag.

Naser, wat verlede jaar in Doha die 400 m-titel in 48.14 sekondes verower het, is op 4 Junie voorlopig geskors totdat op ’n verhoordatum besluit kon word nadat sy binne ’n tydperk van 12 maande drie opkikkertoetse gemis het. Atlete kan normaalweg vir tot twee jaar geskors word indien hulle hieraan skuldig bevind word.

Naser het egter deurlopend volgehou dat al die toetse wat sy gemis het voor verlede jaar se Wêreldkampioenskap in Doha was, waar sy die derde vinnigste tyd nog en die vinnigste in 34 jaar gehardloop het.

Naser het destyds deurgeloop nadat sy op sosiale media gesê het dit is “normaal” om drie opkikkertoetse mis te loop.

Ná die verhoor, wat op 6 Oktober gehou is, het Wêreldatletiek se tribunaal gesê Naser is onskuldig wat betref een van die toetse wat sy sedert 12 April 2019 gemis het.

Luidens die verslag was die toetsbeampte wat haar daardie oggend moes toets, omvergegooi deur die “ongelooflike deurmekaar nommerstelstel” wat op die gebou se deure was. Haar adres was glo ook verkeerd in die stelsel.

Die verslag het ook gewys dat Naser op 24 Januarie 2020 ’n vierde toets gemis het, maar dit val buite die venstertydperk van 12 maande sedert haar eerste oortreding. Die venstertydperk het op 1 Januarie 2019 in werking getree.

Meer oor:  Atletiek  |  Salwa Eid Naser  |  Opkikkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.