Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Wêreldrekord vir Burundi se Niyonsaba

Burundi se Francine Niyonsaba het Dinsdagaand haar tweede groot oomblik binne minder as ’n week gehad, toe sy ’n nuwe wêreldrekord in die 2 000 m opgestel het.

Francine Niyonsaba van Burundi breek Dinsdagaand die 2 000 m-wêreldrekord. Foto: Getty Images

Ses dae nadat sy die Diamantliga-kroon oor 5 000 m verower het, het Niyonsaba die 2 000 in Zagreb in ’n tyd van vyf minute en 21.56 sekondes voltooi. Dit het van haar die eerste DSD-atleet (vroue met ’n buitengewoon hoë testosteroonvlak) gemaak om ’n wêreldrekord te breek.

Teen die halfpadmerk van dié ongewone item (wat die Burundi-atleet in 2:41.37 bereik het), was Niyonsaba en Ethiopië se Freweyni Hailu albei op koers om Genzebe Dibaba se bestaande rekord van 5:23.75 te verbeter. Dibaba het haar rekord in 2017 opgestel.

Die klok het vir Niyonsaba gelui met die stophorlosie op 4:20.23, sodat sy die laaste rondte in 63 sekondes moes voltooi om die nuwe wêreldrekordhouer te word. Sy het eindelik net ’n aks meer as 61 sekondes nodig gehad.

Hailu, wat verbete baklei het om haar neus voor te kry, se petroltenk het eindelik leeggeraak. Sy het vier sekondes agter Niyonsaba geëindig, met ’n tyd van 5:25.86.

Dit behoort haar nietemin te troos dat dit die derde vinnigste tyd in die geskiedenis oor dié afstand is.

Voor Dinsdagaand se wedloop was die vinnigste buitemuurse tyd die 5:25.36 wat die Ier Sonia O’Sullivan in 1994 opgestel het.

Niyonsaba is een van die atlete wat ook deur Wêreldatletiek se regulasies rakende vroue se natuurlike testosteroonvlakke geaffekteer word.

Sy het voorheen in die 800 m gespesialiseer en in 2016 in Rio de Janeiro tydens die Olimpiese Spele die silwermedalje verower, met net Caster Semenya wat haar kon klop.

Sedertdien het sy egter haar visier ingestel op die 5 000 m en die 10 000 m en tot dusver vanjaar in albei nasionale rekords opgestel.

Meer oor:  Wêreldrekord  |  Atletiek  |  2 000 M  |  Francine Niyonsaba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.