Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Atletiek
Zeney tree aan vir eindronde in Finland

Suid-Afrika se Zeney van der Walt sal Vrydagaand in die eindronde van die 400 m-hekkies in die blokke sak op die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se o.20-Wêreldbyeenkoms in Tampere, Finland.

Zeney van der Walt sal Vrydagaand in die eindronde van die 400 m-hekkies hol nadat sy haar halfeindronde gewen het. Foto: Getty Images

Dit nadat sy Donderdag in haar halfeindwedloop die wenstreep eerste oorgesteek het in 56.72 sekondes, met Spanje se Sara Gallego wat tweede was in 57.18 sek.

Net Shiann Salmon van Jamaika was vinniger in die halfeindrondes. Sy het 56.29 sek. gehol en sal desperaat wees om die Suid-Afrikaner, wat ook die o.18-wêreldkampioen is, te klop.

Nog ’n o.18-wêreldkampioen in die 400 m-hekkies, Sokwakhana Zazini, het Donderdag sonder te veel moeite sy plek in die halfeindronde van dié nommer bespreek.

Zazini, wat met ’n persoonlike beste tyd van 49.32 sekondes spog op senior vlak, het die wenstreep in sy uitdun eerste in ’n tyd van 51.21 oorgesteek.

Sy tyd was die vyfde vinnigste van die uitdunne, met Moitalel Naadokila van Kenia wat die vinnigste was in ’n persoonlike beste tyd van 50.87.

Suid-Afrika se Lourens Steenekamp het in die spore van sy landgenoot gevolg en ook sy plek in die halfeindronde bespreek. Steenekamp het derde geëindig in sy uitdun (52.35), met Cory Poole wat eerste was in 51.12.

Hulle sal Vrydagaand weer hul spykerskoene aantrek vir die halfeindronde.

Verder het die hoogspringsensasie, Breyton Poole, ook gekwalifiseer vir die eindronde van sy voorkeurnommer deur op 2,15 m oor die dwarslat te seil. Hy was een van ses atlete wat dié hoogte behaal het en sal Saterdag in die eindronde in aksie wees.

Poole het ook in 2017 op die IAAF se o.18-Wêreldkampioenskappe die goue medalje verower.

In die 200 m-uitdunne het sake nie volgens plan verloop vir Suid-Afrika nie, met Ruben Els wat slegs sesde geëindig het in 21.59. Thando Dlodlo het nie vir die uitdunne aangetree nie.

Gabriel Louw se aanslag in die 400 m het ook tot ’n einde gekom toe hy sewende in die halfeindronde was in 47.63 sek.

Vrydag se program vir Suid-Afrikaners:

Anro van Eeden: spiesgooi vir mans, kwalifiserende ronde (09:45 SA tyd);

Mans-4x100 m-aflos, uitdunne (17:38)

Sokwakhana Zazini, Lourens Steenekamp: Mans-400 m-hekkies, halfeindronde (18:28); en

Zeney van der Walt: Vroue-400 m-hekkies, eindronde (19:26).

Meer oor:  Atletiek  |  Finland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.