Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
superrugby
Deysel lei Haaie in Bloem
Foto: Steve Haag | Gallo Images

Die losvoorspeler Jean Deysel sal die Haaie Saterdag teen die Cheetahs op die Vrystaat-stadion in Bloemfontein lei.

Deysel neem die kapteinskap oor by die Bok-haker Bismarck du Plessis, wat ruskans kry op die plaasvervangerbank.

Die Haaie se direkteur van rugby, Jake White, het besluit om Dale Chadwick, Kyle Cooper en Lourens Adriaanse in die voorry in te span om sodoende sy Springbok-staatmakers ruskans te gee.

Anton Bresler en Stephan Lewies is die Durbaniete se slotpaar terwyl Tim Swiel op losskakel uitdraf.

Afskoptyd vir Saterdag se Superrugby-kragmeting in Bloemfontein is om 19:10.

Spanne:

Cheetahs:

15 Willie le Roux, 14 Cornal Hendricks, 13 Johann Sadie, 12 Rayno Benjamin, 11 Raymond Rhule, 10 Johan Goosen, 9 Sarel Pretorius, 8 Philip van der Walt, 7 Teboho Mohoje, 6 Torsten van Jaarsveld, 5 Francois Uys, 4 Lood de Jager, 3 Coenie Ootshuizen, 2 Adriaan Strauss (k), 1 Trevor Nyakane.

Plaasvervangers: 16 Caylib Oosthuizen, 17 Luan de Bruin, 18 Carl Wegner, 19 Jean Cook, 20 Henco Venter, 21 Shaun Venter, 22 Elgar Watts, 23 Hennie Daniller.

Haaie:

15. SP Marais, 14. JP Pietersen, 13. S’bura Sithole, 12. Frans Steyn, 11. Lwazi Mvovo, 10. Tim Swiel, 9. Cobus Reinach, 8. Ryan Kankowski, 7. Jean Deysel (k), 6. Marcell Coetzee, 5. Anton Bresler, 4. Stephan Lewies, 3. Lourens Adriaanse, 2. Kyle Cooper, 1. Dale Chadwick.

Plaasvervangers: 16. Thomas du Toit, 17. Bismarck du Plessis, 18. Jannie du Plessis, 19. Willem Alberts, 20. Tera Mtembu, 21. Charl McLeod, 22. Odwa Ndungane, 23. Tonderai Chavhanga.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.