Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
4 spelers loop voor by Meesters
Louis Oosthuizen van Suid-Afrika is twee houe agter die voorlopers by die Amerikaanse Meesterstoernooi. Foto: Getty Images

Dustin Johnson (70) en Justin Thomas (69) van die VSA, die Aussie Cameron Smith (68) en die debutant Abraham Ancer van Mexiko (67) gee die pas aan by die Amerikaanse Meesterstoernooi.

Al vier bevind hulle op -9 ná die tweede ronde van die gesogte major by die Augusta National-baan, met spel wat Vrydag weens swak lig opgeskort is.

Die verdedigende kampioen, Tiger Woods (-4 vir die toernooi), het slegs 11 putjies voltooi voordat die spelers die baan moes verlaat, terwyl Bryson DeChambeau, ’n vroeë gunsteling, die gevaar staan om onder die valbyl te beland.

Die frisgeboude DeChambeau, wat met sy kragspel op Winged Foot in September die Amerikaanse Ope gewen het vir sy eerste major-titel, het Vrydag vier voëltjies, ’n trippel-brouhou en vier brouhoue in sy voltooide 12 putjies behaal.

Hy gaan moet hard werk met sy telling op +1 vir die week om die valbyl vry te spring, met die afsnypunt wat waarskynlik baansyfer sal wees.

Suid-Afrika se Louis Oosthuizen (68 eerste ronde) is ná 12 putjies in sy tweede ronde in die gesamentlike negende plek met sy telling op -7 vir die week. Hy is slegs twee houe agter die voorlopers.

Sy landgenoot Dylan Frittelli, wat die eerste ronde in ’n skitterende 65 houe – sewe minder as die baansyfer – voltooi het om onder die voorlopers te tel, het sy tweede ronde in 73 houe voltooi. Hy bevind hom nou in die gesamentlike 14de plek met sy telling op -6.

Volledige uitslae.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.