Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
5de PGA-speler toets positief vir C-19
Covid-19 is by Harris English gediagnoseer. Foto: Getty Images

Die Amerikaner Harris English is die vyfde gholfspeler in die PGA-reeks wat met Covid-19 besmet is.

English (30) sou vandeesweek aan die Rocket Mortgage Classic-toernooi by die Detroit-buiteklub deelneem, maar moes hom onttrek nadat hy positief getoets is by die keuringsproses vir die byeenkoms.

English sluit hom aan by sy landgenote Denny McCarthy, Cameron Champ en Nick Watney, asook die Suid-Afrikaner Dylan Frittelli, op die lys van geïnfekteerde PGA-spelers nadat die reeks vandeesmaand hervat het.

“Hoewel dit teleurstellend is om hierdie nuus te ontvang omdat ek gesond voel, is ek tevrede dat die nuwe veiligheidsmaatreëls wat in plek gestel is, werk,” sê English, wat nou ’n tydperk in selfafsondering sal deurbring.

English het nie in verlede week se Travelers-kampioenskap meegeding nie, terwyl Champ by die keuringsproses vir dié toernooi positief getoets is.

McCarthy is positief getoets en het hom ná die eerste ronde by die toernooi in Cromwell, Connecticut, onttrek. Frittelli, wat Maandag gesê het hy “ervaar geen probleme nie en voel fisiek piekfyn”, het onder die valbyl beland.

“Ek was verras en baie teleurgesteld om uit te vind dat ek positief getoets is,” was Frittelli se reaksie, wat nou ook ’n tydperk in selfafsondering sal deurbring. – Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Gholf  |  Harris English  |  Dylan Frittelli  |  Pga  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.