Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Amateurgholfspelers presteer in Ierland

Die jong gholfspelers Kajal Mistry van Benoni en Caitlyn Macnab van Johannesburg het die vertoonwedstrydfase in die 90ste Britse Ope vir amateurmeisies bereik.

Kajal Mistry en Caitlyn Macnab. Foto: GolfRSA

Dié toernooi is by die Ardglass-gholfbaan in Ierland gespeel.

Hoewel die Sweedse Ingrid Lindblad die kwalifiserende ronde gewen het, het die dag aan die 16-jarige Macnab behoort, wat sewe voëltjies geslaan het.

In die eerste ronde het sy 74 – vier houe bo die baansyfer – behaal en in die tweede ronde ’n fantastiese 67 – drie houe onder die baansyfer.

Met ’n totaal van 141 – een hou bo die baansyfer – het Macnab, ’n leerling aan St. Dunstan’s College, uiteindelik die derde plek behaal.

Mistry het in die eerste ronde 77 behaal en in die tweede ronde 73.

Met haar totaal van 150 – dit is 10 houe bo die baansyfer – het dié matrikulant aan Crawford College in Lonehill die vertoonwedstrydfase gehaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.