Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Amateurs dalk gou borge toegelaat

Die Amerikaanse Gholfvereniging (USGA) en Royal and Ancient (R&A) het vandeesweek voorstelle bekendgemaak om die reëls rakende amateurstatus aan te pas.

Die veranderinge sluit in die wegdoen met beperkings wat betref borgskappe vir amateurs en om amateurs toe te laat om as beroepspelers vir toernooie in te skryf.

Amateurspelers kan eersdaags baie meer grasie van gholf se reëlmakers verwag. Foto: Getty Images

Planne om die reëls van amateurstatus te moderniseer het einde 2017 begin met ’n oorsig van die status quo. Die twee beheerliggame stel voor amateurs moet toegelaat word om prysgeld van tot $750 (nagenoeg R10 900) te aanvaar sonder om hul status te verbeur.

Volgens bestaande reëls mag amateurs nie as beroepspelers meeding nie en moet hulle enige prysgeld in kompetisies van die hand wys. Hulle kan ook van hul status gestroop word indien hulle betaling aanvaar vir onderrig of gholflesse, ’n werksgeleentheid as ’n klubberoepspeler aanvaar of lidmaatskap van ’n beheerliggaam bekom.

“Die Reëls van Amateurstatus speel ’n belangrike rol in die beskerming van die integriteit van ons selfregulerende sport, maar daardie wetboek moet deurlopend ontwikkel,” sê die R&A se direkteur van reëls, Grant Moir.

“Dit geld veral wat betref die moderne elite-amateurspel, waar baie van die amateurs finansiële ondersteuning benodig om mee te ding en tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Die nuwe reëls sal baie meer ruimte hiervoor skep.”

Craig Winter, die USGA se direkteur van reëls en amateurstatus, sê die beheerliggaam begryp en waardeer die belang van amateurstatus.

“Hierdie opdaterings behoort te help om die reëls te vereenvoudig en die gesondheid van die amateurspel te verseker.”

Albei beheerliggame sê hulle verwelkom terugvoer van gholfspelers en ander belangegroepe tot en met 26 Maart, met die nuwe reëls wat na verwagting vanaf 1 Januarie 2022 sal geld.

– Reuters

Meer oor:  Royal And Ancient  |  Usga  |  Amateurgholf  |  Gholf  |  R&A  |  Amerikaanse Gholfvereniging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.