Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Amerika weer Presidente-kampioen
Geluk, ou maat. Ernie Els (regs), kaptein van die internasionale span, wens sy eweknie van Amerika, Tiger Woods, geluk pas nadat sy span die Presidentebeker-toernooi Sondag gewen het. Foto: Getty Images

Amerika het Sondag die Presidentebeker-spangholftoernooi in Melbourne met 16-14 gewen nadat hy die internasionale span op die laaste dag in die enkelspelle ore aangesit het.

Tiger Woods, die kaptein, en sy troepe het Sondagoggend nog met ’n agterstand van 8-10 afgeslaan, met die wete dat 12 punte in die enkelspelle beskikbaar is.

Woods het weer met voorbeeld gelei en met 3 en 2 met Abraham Ancer klaargespeel. Vyf van sy spanmaats het sy voorbeeld gevolg en die internasionale span se aanslag in die kiem gesmoor.

Woods het weer met voorbeeld gelei en met 3 en 2 met Abraham Ancer klaargespeel. Vyf van sy spanmaats het sy voorbeeld gevolg.

Vir laasgenoemde span was daar net seges vir Sungjae Im en Cameron Smith, wat onderskeidelik met 4 en 3 oor Gary Woodland en 2 en 1 oor Justin Thomas getroon het.

Vier enkelspelle het gelykop geëindig.

Ernie Els, nie-spelende kaptein, sal met reg teleurgesteld wees. Sy relatief jong span het die toernooi goed afgeskop en ná dag een met 4-1 voorgeloop op soek na die slegs die tweede sege nóg vir die internasionale span in die toernooi. Die laaste is juis in Melbourne behaal.

Die Amerikaners het egter oor die naweek teruggeveg en die tafel was gedek vir ’n senutergende laaste dag, met Els en kie op 10 punte en Tiger-hulle op agt.

Dit was egter eenrigtingverkeer vir Amerika se soveelste sege in die grote. – Sportredaksie


Meer oor:  Tiger Woods  |  Ernie Els  |  Amerika  |  Melbourne  |  Gholf  |  Vsa  |  Kampioen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.