Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Annika teken +3 aan met terugkeer
Welkom terug, Annika Sorenstam. Foto: Getty Images

Die gholflegende Annika Sorenstam het haar eerste ronde in ’n beroepstoernooi in 13 jaar met drie houe oor baansyfer voltooi.

Sy ding by die LPGA Gainbridge-kampioenskap in Florida mee.

Die 50-jarige Sweedse wenner van tien Grand Slam-titels, wat in die ouderdom van 37 uitgetree het om met ’n gesin te begin, bevind haar tien houe agter die voorloper, Lydia Ko. Dié gewilde Kiwi-gholfster (in Suid-Korea gebore) het haar ronde in 65 houe, sewe onder baansyfer, afgesluit.

Sorenstam is in die gesamentlike 77ste plek en haar doelwit is om Vrydag se valbyl vry te spring.

Sorenstam het die eerste van haar 72 LPGA-seges in 1995 behaal, twee jaar voordat Ko gebore is.

Ko, wat haar dag begin het met ’n arend op die eerste putjie, is twee houe voor Nelly Korda van die VSA en Denemarke se Nanna Koerstz Madsen.

TELBORD

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.