Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Aussie-ope eerste keer in 75 jaar afgelas
Verlede jaar se kampioen, Matt Jones. Foto: Getty Images

Die Australiese Ope-gholftoernooi is vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog afgelas.

Gholf Australië en die PGA van Australië het Vrydag al sy top-byeenkomste gekanselleer weens die Covid-19-pandemie, insluitende die Ope vir vroue.

Die 105de weergawe van dié land se oudste en roemrykste byeenkoms, wat op Melbourne se Kingston Heath-baan sou plaasvind, was reeds uitgestel van sy aanvanklike datum in November.

Melbourne word steeds ingeperk en buitelandse reise na Australië is onder streng beheer.

“Dit is sonder presedent en ’n groot terugslag vir Australiese gholf en sy aanhangers,” sê die PGA van Australië se uitvoerende hoof, Gavin Kirkman.

Die Australiese PGA-kampioenskap, ’n Europese reeks-toernooi wat vir die eerste keer in 1905 beslis is en reeds van Desember na Februarie geskuif was, bly ook in die slag.

Die beheerliggame sê hulle het ’n paar ander opsies oorweeg om die byeenkomste te laat voortgaan, maar dit was tevergeefs.

“Die toernooie maak staat op noemenswaardige ondersteuning van spelers en reekse wêreldwyd, so gegewe die huidige kwarantyn-beperkings, glo ons die mededingendheid van al drie toernooie sal erg benadeel word,” sê Gholf Australië se nuwe uitvoerende hoof, James Sutherland.

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Gholf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.