Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Bekroonde Wilco (19) nou ’n beroepspeler

Die 19-jarige gholfspeler Wilco Nienaber gee vandeesweek, ná ’n skitterende amateurloopbaan, sy eerste tree in die beroepsgeledere.

Wilco Nienaber met die trofee wat hy as SA Amateur-kampioen gewen het. Hy neem voortaan as ’n beroepspeler deel. Foto: GolfRSA

Dié oudleerling van Grey Kollege in Bloemfontein, die Suid-Afrikaanse Amateurkampioen, maak sy debuut as beroepspeler in die Le Vaudreuil-uitdaging in Frankryk (deel van die Europese Uitdaagreeks).

Dít kom nadat hy ’n multijaar-borgskapsooreenkoms met die gholftoerusting-vervaardiger PING onderteken het. Butler Bell Sports Ltd in Brittanje sal ook voortaan na die bestuur van sy loopbaan omsien.

Nienaber word as een van die belowendste jong spelers in Suid-Afrika beskou nadat hy nie minder nie as 21 amateur-titels ingeryg het.

Hy het in 2017 Suid-Afrika se nr.1-amateur geword nadat hy sewe keer gewen het. Drie van daardie titels het hy in die buiteland gewen.

In sy matriekjaar in 2018 het Nienaber desondanks ’n beperkte program steeds vier titels gewen. Hy het ook sy slag oorsee gewys en was in ’n uitspeelstryd om die Engelse Amateur-houespeltoernooi betrokke. ’n Paar weke later was hy ook die top-kwalifiseerder vir die Britse Amateurkampioenskap nadat hy die beste in die houspel-afdeling by die Royal Aberdeen en Murcar-linksbaan gevaar het.

Hy was die eerste Suid-Afrikaner wat met dié prestasie kon spog sedert die kwalifiseringstoernooi in 1983 begin is.

“My innige dank aan meneer Johann Rupert en almal by GolfRSA wat my ondersteun en tot hierdie punt in my loopbaan gelei het. Ek sien uit na my loopbaan as beroepspeler en sal hard werk om sukses te behaal,” sê Nienaber in ’n verklaring.

Mark Bell, die stigter van Butler Bell Sports, sal persoonlik na Nienaber se belange omsien. Hy het ook al met verskeie ander top-sportlui van Suid-Afrika en reg oor die wêreld gewerk.

– Sportredaksie

Meer oor:  Gholf  |  Wilco Nienaber
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.