Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Mank Brooks uit Presidente-beker
Brooks Koepka gaan Amerika se aanslag op die Presidentebeker misloop. Foto: Getty Images

Brooks Koepka, die wêreld se voorste gholfspeler, het hom weens ’n kniebesering aan volgende maand se Presidentebeker-toernooi in Melbourne onttrek.

Tiger Woods, kaptein van Amerika se span, het Koepka dadelik met Rickie Fowler vervang vir die kragmeting teen Ernie Els se Internasionale span.

Koepka het die nuus op die PGA-reeks se amptelike webblad bevestig.

“Ek het kaptein Tiger Woods ingelig dat hoewel ek deurlopend mediese behandeling en rehabilitasie ontvang, ek nie in staat is om nou gholf te speel nie,” sê hy.

“Ek beskou dit as ’n groot eer dat ek vir vanjaar se span gekies is en dit is baie teleurstellend dat ek nie sal kan meeding nie.”

Koepka, wat ná die Toerkampioenskap stamselbehandeling op sy linkerknie ontvang het, het hom aan die CJ Cup-toernooi in Suid-Korea onttrek toe hy die besering vererger het nadat hy op ’n sementoppervlak gegly het.

Hy sê hy was sedertdien deurlopend in kontak met Woods, maar het nou besef hy benodig “meer tyd om te herstel”.

Woods het nie op hom laat wag nie om Fowler vir sy derde Presidentebeker te betrek. Fowler was onoorwonne in Amerika se oorwinning in 2017 op die Liberty National-baan in New Jersey.

Amerika en die Internasionale span pak mekaar van 12 tot 15 Desember.

– Sportredaksie

Meer oor:  Presidentebeker  |  Tiger Woods  |  Ernie Els  |  Gholf  |  Brooks Koepka
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.