Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Bezuidenhout kraai koning ná skitter-arend

Die 25-jarige Christiaan Bezuidenhout moes Sondag op Fancourt, George, ’n verbete aanslag van George Coetzee afweer voordat hy die Dimension Data Pro-am-gholftoernooi met ’n skitterende arend kon wen.

Christiaan Bezuidenhout met die wennerstrofee nadat hy Sondag die Dimension Data Pro-am op Fancourt gewen het. Foto: Gallo Images

Bezuidenhout, wat Sondagoggend met ’n voorsprong van twee houe afgeslaan het, het die vier rondes in 264 houe (25 houe onder die baansyfer) voltooi nadat hy die laaste ronde in 67 houe voltooi het.

Hy is gevolg deur Coetzee (265), wat 66 houe in die laaste ronde aangeteken het, met Richard Sterne (267) in die derde plek en die Spanjaard Santiago Tarrio Ben (272) vierde.

Bezuidenhout het die kroon op die 18de putjie gespan toe hy ’n arend aangeteken het om Coetzee se aanslag af te weer.

Coetzee, wat op die 16de putjie sy sesde voëltjie aangeteken het, het toe die voortou geneem, maar hy kon nie beter as syfer op die 18de putjie (syfer 5) aanteken nie en moes toesien hoe Bezuidenhout ’n oorwinning uit sy kake ruk.

“Ek het die telbord op elke putjie dopgehou. Ek het geweet dat ek ’n voëltjie op die laaste putjie moes aanteken om ’n uitspeelstryd op te dwing, maar gelukkig het ek ’n fantastiese bofhou geslaan wat tot die arend gelei het.

“Dit is ’n spesiale toernooi wat ek nog altyd wou wen,” het Bezuidenhout aan die Sonskynreeks se webblad gesê.Bezuidenhout het R951 000 met sy sege verdien, en Coetzee, wat onlangs in Stilbaai getroud is, het sy bankbalans met R663 000 aangevul. – Sonskynreeks

Meer oor:  Gholf  |  Christiaan Bezuidenhout
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.