Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Blaauw in ’n klas van sy eie in Joburg-ope
Jacques Blaauw speel ’n kaphou in die tweede ronde van die Joburg-ope op Randpark se Firethorn-baan. Foto: Gallo Images

Die tweede dag van die Joburg-ope het aan Mnr. Bestendig, Jacques Blaauw, behoort.

Dié Suid-Afrikaner en lid van die Copperleaf-baan in Centurion, wat die tweede ronde in die gesamentlike agtste plek begin het, het hom op Randpark se Firethorn-baan eers stadigaan onder die voorlopers gevestig voordat hy hom op die syfer-5 14de putjie met ’n uitstekende arend by Wilco Nienaber as die mede-voorloper aangesluit het.

’n Laatmiddag-voëltjie op die 17de (syfer-3) – Blaauw se vyfde in die ronde – het aan hom die alleen-voorsprong besorg.

Hy het gespog met ’n 63 op sy telkaart, wat verreweg die beste ronde van die dag was. Blaauw is 13 houe onder baansyfer vir die toernooi.

Hoewel die belowende jong Nienaber (67) nie heeltemal so skouspelagtig soos in die eerste ronde was nie, het hy steeds genoeg gedoen om in die tweede plek te gaan slaap, een hou terug.

Aaron Cockerill van Kanada is drie houe agter Blaauw in die derde plek saam met die Deen Joachim B. Hansen nadat hy sy 64 in die eerste ronde met ’n meer as skaflike 68 opgevolg het.

Buiten vir ’n baan wat meer byt gehad weens ’n windjie wat geroer het en moeiliker vlagplasings, moet hy nog daaraan gewoond raak dat hy die bal verder op die Hoëveld slaan, sê Cockerill.

Dit voel soms vreemd. Daar is tye wat ek twyfel of ek byvoorbeeld met my 9-yster so ver kan slaan. Jy moet net vertrou dat dit die regte stok is, maar dit is ’n aanpassing.
Aaron Cockerill

“Dit voel soms vreemd. Daar is tye wat ek twyfel of ek byvoorbeeld met my 9-yster so ver kan slaan. Jy moet net vertrou dat dit die regte stok is, maar dit is ’n aanpassing.”

Cockerill voorspel dat Nienaber ’n groot gevaar inhou en onstuitbaar sal wees as sy kortspel so goed soos sy bofhoue is.

“Ek het onlangs saam met hom in Ciprus gespeel en hy slaan die bal só ver dit is eintlik snaaks. Hy kan dié baan belaglik laat lyk.”

Hansen het kort voordat die spel om 18:43 weens swak lig afgelas is by die derde plek ingeskuif, maar hy het nie sy ronde voltooi nie.

Die Suid-Afrikaner Shaun Norris, die gesamentlike oornag-voorloper, is vyfde ná 15 putjies.

Die 2016-kampioen, Haydn Porteous, (+4 vir die toernooi), Richard Sterne (gelyk aan syfer), Jaco van Zyl (+4), James Kingston (+2) en Jacques Kruyswijk (+6) is van die groot name wat die gevaar loop om aan die verkeerde kant van die afsnypunt te beland.

Die tweede ronde sal Saterdagoggend voltooi word.

Meer oor:  Aaron Cockerill  |  Wilco Nienaber  |  Jacques Blaauw  |  Johannesburg  |  Suid-Afrika  |  Randpark  |  Gholf  |  Joburg Ope  |  Bestendig  |  2De Ronde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.