Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Boerpot van $40 m. vir spelers met 'sterkrag'

Die PGA-reeks het ’n lonende bonusstruktuur vir die 2021-seisoen aangekondig wat spelers met miljoene dollars sal beloon, ongeag hul vertonings op die gholfbaan.

Tiger Woods sou in 2019 vir sy impak en invloed in gholf $8 miljoen ontvang het. Foto: Getty Images

Golfweek berig die Spelerimpakprogram beoog om die tien spelers te identifiseer wat die meeste aanhanger- en borg-interaksie vir die sport lok en hulle uit ’n boerpot van $40 miljoen vergoed.

Die geld vir diegene wat die meeste waarde toevoeg tot die PGA-produk, sal aan die einde van die jaar uitbetaal word, met die speler wat as die waardevolste beskou word wat $8 miljoen in sy sak sal steek.

Volgens Golfweek sal die PGA vyf kriteria gebruik om ’n speler se impak te meet: sy gewildheid in ’n Google-soektog, Nielsen Brand Exposure-gradering, aantrekkingskrag, interaksie op sosiale en digitale kanale, en hoe gereeld hy dekking genereer op mediaplatforms.

Die PGA het ’n dokument aan spelers gestuur met gesimuleerde tellings wat op data van 2019 staatmaak om te illustreer hoe die rangorde sou werk. Daarvolgens sou Tiger Woods, wat daardie jaar die Amerikaanse Meesterstoernooi gewen het, boaan die lys gewees het.

Rory McIlroy, die FedEx-beker-kampioen in 2019, Brooks Koepka, Phil Mickelson en Rickie Fowler sou die res van die topvyf gewees het.

Die PGA het die afgelope jare ’n proses binne sy kommunikasiedepartement begin om al sy lede by te staan met die kweek en bevordering van hul individuele handelsname op sosiale media. Dit sluit ook ander dinge in wat niks te doen het met tradisionele mediageleenthede nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Spelerimpakprogram  |  Gholf  |  Pga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.