Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Boucher slaan af in Dunhill Links-toernooi
Mark Boucher is vandeesweek een van die amateur-gholfspelers wat aan die Alfred Dunhill Links-toernooi in Skotland deelneem.

Mark Boucher sal hopelik hierdie keer sy selfoon in die klubhuis los wanneer hy vandeesweek een van die glanspersoonlikhede is wat aan die Alfred Dunhill Links-gholftoernooi in Skotland deelneem.

Verlede jaar het Boucher die fout gemaak deur sy foon by hom te hê. Op die vierde laaste putjie het die nuuskierigheid die oorhand oor hom gekry en wou hy net loer wat sy nuwe span, die Titans, waarvan hy toe die afrigter geword het, in hul eerste meerdaagse kragmeting teen die Knights doen.

Tot sy skok moes Boucher sien die Titans is in hul tweede beurt vir net 57 lopies uitgeboul.

“Ek was só geskok en uit die veld geslaan dat ek op elk van die laaste drie putjies my bofhou buite perke geslaan het,” het Boucher vertel.

Vandeesweek swaai hy weer die stokke in hierdie unieke toernooi in die Europese gholfreeks, waar amateurs saam met die beroepspelers in ’n Pro-Am-formaat deelneem.

In Boucher se afwesigheid by die Titans, skuif die hulpafrigter, Mandla Mashimbye, agter die stuur van die spanbus in.

Die drie bane waarop hierdie toernooi plaasvind, is St. Andrews, Kingsbarns en Carnoustie.

In Boucher se afwesigheid by die Titans vandeesweek, skuif die hulpafrigter, Mandla Mashimbye, agter die stuur van die spanbus in.

Die Titans kom van Vrydag af in ’n meerdaagse kragmeting met die Warriors op Willowmoorepark in Benoni te staan.

Van die Suid-Afrikaners wat aan die toernooi in Skotland deelneem, is verlede jaar se naaswenner, Richard Sterne, asook Ernie Els en Branden Grace.

Jacques Kallis

Onder die ander groot name wat in aksie is, tel Rory McIlroy, wat al ’n driekuns aan tweede plekke in dié toernooi voltooi het, Martin Kaymer en Lee Westwood.

Van die ander krieketspelers wat hul kolwe vir die gholfstokke verruil, is Kevin Pietersen, Jacques Kallis en Shane Warne.

Boucher en Pietersen sal sekerlik gesels oor die Nelson Mandela Bay Stars se samestelling in die komende T20 Global League.

Boucher is die afrigter van daardie span wat in Port Elizabeth gevestig gaan wees, terwyl Pietersen hul oorsese glansspeler is.

Ander persoonlikhede uit die sport- en vermaakwêreld wat hierdie week deel van die Alfred Dunhill-toernooi is, is die voormalige swaargewig-bokskampioen Wladimir Klitschko, die sokkerster Luis Figo, die musieksterre Ronan Keating, Brian McFadden, Tico Torres, Dave Farrell, Tom Chaplin, Huey Lewis en Mike Rutherford, asook die akteurs Jamie Dornan, Matthew Goode en Greg Kinnear.

Meer oor:  Mark Boucher  |  Kevin Pietersen  |  Jacques Kallis  |  Gholf  |  Bekendes  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.