Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Branden, Erik klim op gholf-ranglys
Branden Grace Foto: Getty Images

Hy kon nou wel nie ’n plek vir hom in die Meesters-toernooi oop speel nie, maar Branden Grace se knap vertoning die naweek in die Texas-ope, het hom met twee plekke op die wêreldranglys laat klim.

Grace, wat gesamentlik in die 23ste plek geëindig het agter Jordan Spieth, beklee nou die 78ste plek op die amptelike wêreldranglys vir gholf.

Spieth, wat skynbaar weer sy beste peil herwin het, was onstuitbaar en het met ’n ronde van 66 – ses beter as die bansyfer – afgesluit terwyl Grace se 68 hom uiteindelik 14 houe agter die Amerikaner laat eindig het.

Grace was een van twee Suid-Afrikaners onder die voorste 100 spelers ter wêreld wat sy plek op die ranglys verbeter het.

Die ander is Erik van Rooyen, wat self ’n goeie week in Texas beleef het en gesamentlik 14de klaargemaak het.

Hy het met een plek op die ranglys geklim en is nou 62ste ter wêreld.

Louis Oosthuizen, die voorste Suid-Afrikaner op die ranglys, het met een plek afgeskuif na 28ste, ses plekke swakker as waar hy 2021 begin het.

Christiaan Bezuidenhout bly steeds die naasbeste onder die Suid-Afrikaners in die 35ste plek, met Dylan Frittelli se posisie onveranderd op 68ste.

Oosthuizen, Bezuidenhout en Frittelli sal almal die week op Augusta in aksie wees, saam met 2011 se Meesters-kampioen, Charl Schwartzel.

Daniel van Tonder (van 73ste na 74ste), George Coetzee (82 na 84) en Brandon Stone (96 na 97) bly steeds onder die voorste 100, al het hulle nie die week gespeel nie.

Drie plaaslike spelers is binne bereik van die wêreld se voorste 100: Garrick Higgo is onveranderd op 114de, Shaun Norris het afgeskuif met een plek tot 119de, terwyl Justin Harding ook ’n enkele plek gesak het tot 122ste.

Higgo en Harding sal volgende week in die Australiese Ope weer hul slag in die Europese reeks wys.

Dit sal hulle ’n geleentheid bied om nader aan die voorste 100 te kruip.

Die voorste tien Suid-Afrikaners op die wêreldranglys is:

1. Louis Oosthuizen: 28ste plek; 2. Christiaan Bezuidenhout: 35; 3. Erik van Rooyen: 62; 4. Dylan Frittelli: 68; 5. Daniel van Tonder: 74; 6. George Coetzee: 84; 7. Brandon Stone: 97; 8. Garrick Higgo: 114; 9. Shaun Norris: 119; 10. Justin Harding: 122. – Sportredaksie; TeamTalk

Meer oor:  Wêreldranglys  |  Gholf  |  Erik Van Rooyen  |  Branden Grace
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.