Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Branden Grace skitter met 66 in Texas
Die Suid-Afrikaanse gholfspeler Branden Grace is die voorloper ná die eerste ronde van die Texas Ope. Foto: Gallo Images

Branden Grace van Suid-Afrika het voortgebou op sy goeie spelpeil die afgelope ruk en is die vroeë voorloper ná die eerste ronde van die Valero Texas Ope. Hy het Donderdag 66 aangeteken.

Die telling is ses houe beter as die baansyfer en hy is een hou voor die Amerikaners Stewart Cink, Will MacKenzie en John Huh.

Grace kon die winderige toestande op die TCP-baan in San Antonio, in die Amerikaanse deelstaat Texas, goed benut omdat hy die bal met ’n laer trajek slaan.

Hy het sewe voëltjies aangeteken en voortgebou op sy goeie vertoning oor die laaste twee rondes van die Amerikaanse Meesters op Augusta, asook sy elfde plek in die Heritage-toernooi verlede week, waar hy sy titel verdedig het.

Ek hou daarvan om in die wind te speel. Ek is gewoond daaraan om die bal baie laer as die meeste ouens te slaan.
Branden Grace

“Om die afsnypunt by die Meesters te oorleef was ’n groot pluspunt vir my en daarna het ek die laaste twee rondes baie geniet. Ek geniet dit ook om hier (in Texas) te speel, op ’n baan waar jy jou strategie fyn moet bestuur weens die wind en die setperke met hul kwaai hellings.

“Ek hou daarvan om in die wind te speel. Ek is gewoond daaraan om die bal baie laer as die meeste ouens te slaan, so dit help my in sulke toestande.”

Grace, 21ste op die wêreldranglys, is tevrede met alle fasette van sy spel, selfs al het sy setstok hom hier en daar in die steek gelaat.

“Ek het die setperke lekker aangeval en myself ’n paar goeie kanse vir voëltjies gegee. Ek het seker so twee of drie slegte sethoue geslaan, maar verder is ek tevrede met my spel.”

Cink, die Britse Ope-kampioen in 2009, het vier voëltjies oor die laaste vyf putjies aangeteken om te wys hy is beslis in die wedloop om die titel. - Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.